Hierdie is ons ou webwerf se argief

Hier kan jy die argief sien van ons ou webtuiste se nuusberigte. Kliek hier om te gaan na die nuwe webwerf: DieHoorn.com ...

Reën op pad na Klein Karoo en Suidkus

Die Suid-Afrikaanse weerdiens voorspel lekker reën vir die Klein Karoo en Suidkus môre, met die meeste reën môreaand en oornag môre. Daar is voorts ’n moontlikheid van swaar reën en moontlike vloede langs die Suidkus, insluitend George en Mosselbaai, asook in die Overberg. Volgens Wayne Venter van die SA Weerdiens is daar ’n 80%-kans op ...

Sy wou graag ’n dokter geword het

Deur Garnett Wicomb “DIT is nie maklik om afskeid te neem van ’n negejarige kind nie, maar die Here weet hoekom hy haar kom haal het, en ons moet daarby berus.” Dit was Saterdagoggend die boodskap van ds Christopher Maarman in ’n volgepakte Môreson Verenigde Gereformeerde Kerk, aan die moeder en familie van die negejarige ...

Twee toeriste se handsakke weer in ‘n hotel gesteel

NOG toeriste het vanoggend in die eetsaal van ‘n hotel op Oudtshoorn onder handsakdiewe deurgeloop. Volgens kapt Louis Visser, polisiewoordvoerder, ondersoek die Oudtshoorn Polisie ’n saak van diefstal nadat twee handsakke van Oostenrykse toeriste  vanoggend 07:50 in die Oudtshoorn Inn se eetsaal gesteel is. Volgens Visser kan dit dieselfde mans wees wat op 3 Januarie ...

Hier is Laerskool Wesbank se leerderraad

Laerskool Wesbank glo aan leierskapsontwikkeling en gun leerders wat nie die eerste semester op die leerderraad is nie, die geleentheid om in die tweede semester hierdie verantwoordelikheid te onderneem,” sê die skool se hoof, Waldo Cloete.  Die skool se leerderraad vir die eerste semester is (voor van links op die foto) Liébe Oosthuizen, Lee-Ann Smith, ...

Valke neem oud-prokureur in hegtenis

’N VOORMALIGE prokureur van Oudtshoorn, Jacques du Preez, is Vrydag deur die Direktoraat vir Prioriteitsmisdaadondersoek (die Valke) in hegtenis geneem nadat hy versuim het om vir gevangenistraf aan te meld. Du Preez (55) is in November 2015 in die George Landdroshof skuldig bevind aan diefstal en bedrog nadat hy skuldig bevind is dat hy ’n kliënt ...

Leerders gaan modelvliegtuie leer bou en vlieg

Laerskool Laurus op Oudtshoorn sorg vir waarskynlik ‘n eerste in die land met ‘n modelvliegtuigklas wat by die skool aangebied gaan word vir belangstellende leerders. Lede van die Kango Vliegklub van Oudtshoorn gaan leerders leer hoe om hulle eie modelvliegtuie te bou vanaf ‘n plan en ook hoe vliegtuie werk. Die klasse word deur een ...

Bokpote in ‘n drein in die middedorp

‘N WERKNEMER van Milady’s op Oudtshoorn, Yolandi Gouws, kon vroeër vanmiddag nie haar oë glo toe sy die oorskot van ‘n dier in ‘n drein langs Milady’s raakgesien het nie. Gouws sê sy het na buite gegaan en toe iets in die drein opgemerk. Sy en ‘n kollega, Marina Benade, het vermoed dit is ‘n ...

Nuwe bestuur vir Klein Karoo Forum vir Bejaardes

Die Klein Karoo Forum vir Bejaardes het vanoggend op Oudtshoorn vergader om ’n nuwe bestuurskomitee te kies. Die groep beywer hulle om bejaardes in die Groter Oudtshoorn so aktief moontlik te hou deur middel van sport en ontspanning en om hulle te ondersteun met maatskaplike probleme. Die nuwe bestuur van die forum is (van links ...

Vyftien volstruisleerhandsakke gesteel

Die Oudtshoorn Polisie is op soek na enige persoon wat inligting het rondom die diefstal van 15 volstruisleerhandsakke by Queen Zebra, ‘n winkel in Baron van Reedestraat,  vandeesweek. Die gesamentlike waarde van die handsakke is R123 000. Volgens sers Gretchen Michaels, polisiewoordvoerder,  is daar tussen 16 en 19 Januarie by Queen Zebra ingebreek en 14 ...

Selfoon gevind ná speurwerk op Tiep

Deur Schalk le Roux ’N GEBED, vasberade ondersoekwerk en die hulp van ’n knap speurder het hom gehelp om sy selfoon terug te kry nadat dit by die Tiep gesteel is, sê Roeland Gabriël, toeroperateur van Oudts­hoorn. Roeland vertel hy het verlede Vrydag (13 Januarie) tuin- en huisafval by die Tiep, soos Oudtshoorn se vullisstortingsterrein bekend ...

Negejarige verdrink by Bergoord

Deur Ilze-Mari Gründling ’N NEGEJARIGE meisie van Oudtshoorn, Janeescha Rondganger, het Sondag (15 Januarie) by die Kango Bergoord buite die dorp verdrink. Volgens kapt Louis Visser, woordvoerder van die Oudtshoorn Polisie, het Janeescha omstreeks 14:00 saam met ander kinders geswem, maar het niemand gesien wat gebeur het nie. Een van die kinders het volgens Visser ...

Man vas na diefstal by munisipaliteit

’N MAN wat die Oudtshoorn Munisipaliteit se kantore in Voortrekkerweg Sondagoggend helder oordag besteel het, is deur die polisie vasgetrek  voordat hy kon wegkom met sy buit. Volgens Ntobeko Mangqwengqwe, munisipale woordvoerder, het die oortreder of oortreders deur ’n venster toegang verkry tot die munisipaliteit se Inligtingstegnologie-departement. Kapt Louis Visser, woordvoerder van die Oudts­hoorn Polisie, sê ...

Só lyk die omvang van brandskade

Deur Liesel le Roux TEN spyte van bespiegelinge, is daar geen sekerheid oor hoe die brand begin het wat in Desember groot gebiede tussen die Rust-en-Vredewaterval en Meiringspoort in puin gelê het nie. Herman Pieters, senior woordvoerder van die Eden Distriksmunisipaliteit, sê al wat met sekerheid vasgestel kon word, is dat die brand by ’n piekniekplek ...

De Rust-inwoners versoek om water spaarsaam te gebruik

DIE Oudtshoorn Munisipaliteit het gister inwoners van De Rust en Blomnek versoek om water spaarsaam te gebruik en so te verhinder dat die dorp se beskikbare water opraak. Volgens Ntobeko Mangqwengqwe, munisipale woordvoerder, is watervloei na die dorp herstel nadat pype en pompe verlede week  en ook weer oor die naweek verstop het as gevolg ...

Rugsak-projek bied hulp

Deur Ilze-Mari Gründling ’N INWONER van Oudtshoorn, Rodney Warren Gelant (42) is besig om glimlagte op baie gesigte te sit met ’n rugsakprojek wat hy geïnisieer het. Sy projek fokus op minderbevoorregte leerders wat rugsakke, skryfbehoeftes en toiletware nodig het. Gelant het die projek begin toe hy ’n seun van Colridge Primêr ontmoet het wat ...

Relay for Life vier 10de jaar hier

Deur Ilze-Mari Gründling TREK solank ’n rooi kring om die datums 4 en 5 Februarie, want daardie Saterdag en Sondag vier die Kansa Relay for Life sy tiende verjaarsdag op Oudtshoorn. Dit is ’n geskiedkundige verjaarsdag want Oudts­hoorn se Relay for Life het baanbrekerswerk gedoen en was die eerste Relay for Life in Suid-Afrika. Die ...

Wêreld se bestes in aksie

Deur Schalk le Roux en Ben du Preez VAN die wêreld se heel beste bergfietsryers neem Saterdag aan die elfde Attakwas Extreme-uitdaag­ren tussen Oudtshoorn en Groot Brakrivier deel. Dié ren oor 121 km, wat 2900 meter klimwerk insluit, lei oor die Outeniquaberge en word as die taaiste ultra-eendagbergfietsren in Suid-Afrika beskou. Die meeste nog professionele ...

Struisies gee Kwaggas pak

DIE Hoërskool Oudtshoorn se eerste krieketspan het Saterdag op die Struisievelde sy eweknie van  die Hoërskool Outeniqua met 39 lopies pakgegee. Die Struisies het eerste gekolf en ’n teiken van 205 lopies gestel. Daarna het hulle die Kwaggas almal vir 166 uitgeboender. Vir die Struisies het Migeal Vermeulen (53), Renaldo Swartz (52) en Justin Olivier (19) ...

Events Calender

SATERDAG – 28 Januarie Davey MacMillan and Baden Hall are an entertainment duo doing a 60’s becomes 70’s turns 80’s show – Rock Through The Ages.  Dress for the occasion. The Showroom, Prince Albert. R100. Book at www.showroomtheatre.co.za, email info@showroomtheatre.co.za or call us at 023 541 1563. SATERDAG – SONDAG, 4 – 5 Februarie KANSA ...