Jong Ben presteer!

Deur Liezl van Niekerk

Ben Carelse (9) en sy musiekonderwyser, me Erina Terblanche.

Ben Carelse (9) en sy musiekonderwyser, me Erina Terblanche.

Wiskunde en musiek is maar net twee van die goed waarvan Ben Alberts (9) van Oudtshoorn baie hou – en sy prestasies daarin wys dit.

Ben, ’n graad 3-leerder van die Oudtshoorn Ju-nior Primêre Skool, het 96% vir sy graad 1 praktiese Unisa-klaviereksamen gekry en 94% in die teorie-afdeling. Hy is ook een van vyf leerders in die land wat ’n gesamentlike eerste plek in die Living Maths Wiskunde Olimpiade gekry het.

Volgens sy pa, mnr Carel Alberts, is hy en sy vrou, Kirsten, ongelooflik trots op hul seun.

“Ons het Junie vanjaar na Oudtshoorn verhuis en ons was eintlik ’n bietjie bang hy sukkel met die nuwe skool en nuwe maatjies, maar toe blom hy. Ons is ongelooflik trots op hom. Hy het hard gewerk vir sy prestasies,” sê Alberts.

Me Erina Terblanche, Ben se musiekonderwyser, is ewe trots op hom.

“Ben het in graad 1 met musiek begin en toe hy by my begin, het ons besluit om hom sy eerste eksamen te laat speel,” het sy gesê.