Groot tweekamp op Oudtshoorn

TWEEKAMPATLETE van wyd en syd sak weer die naweek op Oudtshoorn toe vir die Groter Oudtshoorn Munisipaliteit/Kangogrotte Interprovinsiale Tweekampbyeenkoms.

SWD Tweekamp bied die byeenkoms, wat voorheen as die Highgate Interprovinsiale byeenkoms bekend gestaan het, in samewerking met die OP aan.

Die byeenkoms begin Saterdag om 07:30 op die De Jager Sportgronde met die amptelike opening waarna die baanitems om 08:00 begin.

Nadat al die deelnemers klaar gehardloop het, begin die swemitems by die NA Smitswembad in ParkstraatNoord.

Van SuidAfrika se top tweekampatlete het ingeskryf, het mnr Dave van der Walt, voorsitter van SWD Tweekamp, vandeesweek gesê. “Die provinsies gebruik graag hierdie byeenkoms om aan hul span te skaaf vir die SA kampioenskap, vanjaar op 4 en 5 April in Potchefstroom.

Van der Walt het alle belangstellendes genooi om ’n draai by die tweekamp te kom maak.

Toegang is gratis.

Die Kango Grotte, ankerborg van SWD Tweekamp, het weer spesiale aansporingpryse aangekondig vir elke SA rekord wat verbeter word.

Volgens Van der Walt word Oudtshoorn landwyd beskou as een van die beste plekke vir die aanbied van tweekampbyeenkomste danksy die dorp se puik geriewe en ondersteuning van die munisipaliteit, lekker weer, toeristeattraksies van die omgewing en bekostigbare verblyf.

Meer as 400 atlete van agt provinsies WP, OP, Boland, SWD, VS, NWK, Griekwas en Grens word by vanjaar se byeenkoms verwag.

Dit maak dit naas die SA Kampioenskap die grootste tweekampbyeenkoms in SuidAfrika.

Boland het verlede jaar se spankompetisie gewen met WP tweede, OP derde en SWD vierde. Op die SA Kampioenskap het WP egter gewen met Boland tweede en SWD derde.

• Elke provinsiale span word ook toegelaat om ’n ontwikkelings en/of Bspan vir Saterdag se byeenkoms in te skryf. Dit is een van die min byeenkomste waar ontwikkelingsatlete goeie ondervinding kan opdoen.

SWD se topatlete wat gaan deelneem, is Johan Windt, Chris van Wyk en Reinard Haupt. Vir navrae kan Van der Walt by 0827734901 gekontak word.

• Die biathlo-byeenkoms sal nie soos vorige jare op die Sondag net ná die tweekamp op die Saterdag plaasvind nie, omdat baie deelnemers van so ver as Upington en Bloemfontein kom en Sondag moet terugkeer na hul tuisdorpe.