Groot T 20-krieket op Rec!

By die bekendmaking van die krieketvelde waar die Afrika Top 20-toer­nooi aangebied gaan word, is van links Gurswin Rabie, Albertus Kennedy, hoof- uitvoerende beampte van SWD Krieket, Corrie van Zyl van Krieket SA, en Rudy Claassen, president van SWD Krieket.

Deur Higgo Jacobs
DIE Rec op Oudtshoorn is een van vier krieketvelde waar die Afrika Top 20-toernooi van 9 tot 11 September vanjaar aangebied gaan word.
In ’n persverklaring het SWD Krieket bekend gemaak dat Krieket Suid-Afrika (KSA) die trekking vir die toernooi gister in Kaapstad gedoen het.
Die spanne wat aan die Top 20-­toernooi gaan deelneem is in vier groepe opgedeel. Groep B, waarin SWD is, se wedstryde gaan op die Rec plaasvind.
Die ander drie krieketvelde waar die toernooi gaan plaasvind, is Pietermaritzburg, Oos-Londen en die Paarl.
Die spanne in groep B waarteen die SWD gaan meeding, is ­Noorde-likes, verdedigende kampioen, Noord-Kaap en Kenia.
Die venue vir die eindstryd sal aan die einde van die groepwedstryde bepaal word. KSA gaan aan elke speler ’n spesiale toernooipet oorhan-dig as deel van die organisasie se 25ste bestaansjaar.