Nuwe bestuur vir Klein Karoo Forum vir Bejaardes

Die Klein Karoo Forum vir Bejaardes het vanoggend op Oudtshoorn vergader om ’n nuwe bestuurskomitee te kies. Die groep beywer hulle om bejaardes in die Groter Oudtshoorn so aktief moontlik te hou deur middel van sport en ontspanning en om hulle te ondersteun met maatskaplike probleme. Die nuwe bestuur van die forum is (van links voor op die foto) Mina Manuel (addisionele lid), Annie Bruines (hulp sekretaresse), Jacobus Bruines (voorsitter), Gert Louis (0ndervoorsitter) en (agter van links) Hilda Makalima (addisionele lid) en Elsabé Kelder (kassier). Afwesig: M Claassen (sekretaresse).