Vyftien volstruisleerhandsakke gesteel

Die Oudtshoorn Polisie is op soek na enige persoon wat inligting het rondom die diefstal van 15 volstruisleerhandsakke by Queen Zebra, ‘n winkel in Baron van Reedestraat,  vandeesweek. Die gesamentlike waarde van die handsakke is R123 000.

Volgens sers Gretchen Michaels, polisiewoordvoerder,  is daar tussen 16 en 19 Januarie by Queen Zebra ingebreek en 14 volstruisleerhandsakke, elk van verskillende kleure volstruisleer, en een rooi volstruisleerhandsak gesteel. Die 14 veelkleurige handsakke se gesamentlike waarde is R112 000 en die rooi handsak se waarde R11 000.

Toegang tot die winkel is verkry deur die traliehek aan die agterkant van die winkel oop te breek.

Alle inligting sal vertroulik hanteer word. ‘n Beloning sal gegee word vir enige persoon wat inligting van die inbraak het wat tot ‘n inhegtenisname sal lei. Kontak ao Leon von Molendorff by 082 469 8224.

Rooi volstruisleer met die kenmerkende knoppies op.