Bokpote in ‘n drein in die middedorp

‘N WERKNEMER van Milady’s op Oudtshoorn, Yolandi Gouws, kon vroeër vanmiddag nie haar oë glo toe sy die oorskot van ‘n dier in ‘n drein langs Milady’s raakgesien het nie.

Gouws sê sy het na buite gegaan en toe iets in die drein opgemerk. Sy en ‘n kollega, Marina Benade, het vermoed dit is ‘n deel van ‘n klein hondjie se oorskot en die Polisie en die munisipaliteit in kennis gestel.

Nadere ondersoek het egter getoon dat dit eerder bokpote was wat in dié drein gegooi is.

Volgens Gouws het sy vroeër vandag op dieselfde plek gestaan en rook en was die drein toe leeg.

‘n Polisiebeampte op die toneel het gesê hulle sal die munisipaliteit versoek om die oorskot te verwyder.

Die vraag bly egter: Wat soek bokpote soos hierdie in ‘n drein langs Hoogstraat in die middedorp van Oudtshoorn?

Die diereoorskot in die drein. Foto: Liesel le Roux