Leerders gaan modelvliegtuie leer bou en vlieg

Laerskool Laurus op Oudtshoorn sorg vir waarskynlik ‘n eerste in die land met ‘n modelvliegtuigklas wat by die skool aangebied gaan word vir belangstellende leerders.

Lede van die Kango Vliegklub van Oudtshoorn gaan leerders leer hoe om hulle eie modelvliegtuie te bou vanaf ‘n plan en ook hoe vliegtuie werk. Die klasse word deur een van die lede, Ray Moody, aangebied wat al baie lank modelvliegtuie bou en vlieg.

Materiaal en planne vir die leerders sal geborg word deur Traplet Publications van Engeland.

Lees meer hieroor in vandeesweek se uitgawe van Die Hoorn wat Donderdag verskyn.

Leerders van Laerskool Laurus saam met hul skoolhoof, Ronelle Huysamen, Ray Moody en Jaco Erasmus van die Kango Vliegklub.