Hier is Laerskool Wesbank se leerderraad

Laerskool Wesbank glo aan leierskapsontwikkeling en gun leerders wat nie die eerste semester op die leerderraad is nie, die geleentheid om in die tweede semester hierdie verantwoordelikheid te onderneem,” sê die skool se hoof, Waldo Cloete. 
Die skool se leerderraad vir die eerste semester is (voor van links op die foto) Liébe Oosthuizen, Lee-Ann Smith, Anna-Mart Oberholzer, Dawid Smuts, Nicolaas Basson en Gert Beukes. Middel van links is Engé Swart, Kobus Janse van Rensburg, Migael Meyer, Igma Stander (onder-hoofleier), Reece Wheeler, Francois du Toit (hoofleier) en Louis Potgieter. Agter van links is Mia Müller, Liebe Viljoen (hoofleier), Simon Dilley, Markus Viljoen, Danna Hough, Annelize van der Westhuizen en Anke Kruger. Afwesig: James Jonker (onder-hoofleier)