Reën op pad na Klein Karoo en Suidkus

Die Suid-Afrikaanse weerdiens voorspel lekker reën vir die Klein Karoo en Suidkus môre, met die meeste reën môreaand en oornag môre.

Daar is voorts ’n moontlikheid van swaar reën en moontlike vloede langs die Suidkus, insluitend George en Mosselbaai, asook in die Overberg.

Volgens Wayne Venter van die SA Weerdiens is daar ’n 80%-kans op reën in Oudtshoorn môre met ’n maksimum-temperatuur van rondom 23 grade C.

’n Laagdruk suid van die land is verantwoordelik vir môre se verwagte reënweer. (Berig deur Liesel le Roux)