Argief vir KKNK Archive

34 nuwe produksies by die 21ste KKNK

FEESGANGERS by vanjaar se 21ste Absa KKNK kan uitsien na die debute van sewe dramas, ses komedies, 20 musiekproduksies én ’n dansproduksie! Dié fees vind van 3 tot 11 April op Oudtshoorn plaas en begin gedurende die Paasnaweek.

Klein Karoo Klassique steeds fees van gehalte

“DIE gehalte van opvoerings by Klein Karoo Klassique was vanjaar baie goed en in sekere gevalle uitstekend – veral die uitsonderlike ensemblespel van Anzél Gerber met Ben Schoeman en die genuanseerde koorsang van die Kaapse Solistekoor sal my lank bybly.” So sê dr Brett Pyper na afloop van die sesde Klassique wat Sondag op Oudtshoorn

20ste Klein Karoofees

DIE Absa KKNK het sy 20ste fees op Oudtshoorn verlede Woensdagaand in die Kango Grotte op hoë noot afgeskop. Die bietjie meer as 100 genooide gaste oa lede van die media en stigterslede van die fees kon die Grotte se skoonheid én akoestiek ervaar met ’n optrede deur Jannie Moolman, die sopraan Friedl Mitas en

Dié vroue koop 1ste

Deur Liesel le Roux HULLE is nie net jaarliks eerste by Computicket op Oudtshoorn om kaartjies vir die Absa KKNK te koop nie, hulle is ook waarskynlik Oudtshoorn se grootste kopers van kunstefeeskaartjies. Dit is nou die susters Bernadien Kleyn en Annamarie Janse van Rensburg en hulle ma, Maryna Barnard.

Brett Pyper bedank

DIE uitvoerende hoof van Kuns Onbeperk wat die KKNK en Klein Karoo Klassique aanbied, mnr Brett Pyper, gaan sy pos verlaat om ’n akademiese betrekking te aanvaar. Meer inligting oor sy nuwe pos sal binnekort bekend gemaak word. Prof Laetitia van Dyk, direksievoorsitter van Kuns Onbeperk, het Maandag bekend gemaak dat Pyper Oudtshoorn gaan verlaat.

Besluite oor feesverblyf

Deur Liesel le Roux DIE koste van verblyf tydens die jaarlikse Absa KKNK was verlede Donderdagaand (15 Augustus) in die kollig tydens ’n verblyfberaad wat die Absa KKNK by die Pearl of Oudtshoorn aangebied het. Die beraad is deur talle betrokkenes in die toerismebedryf bygewoon, en in minder mate deur inwoners wat hul huise of

Verblyfberaad op pad

Deur Liesel le Roux DIE KKNK beplan ’n beraad op 15 Augustus op Oudtshoorn waarin inwoners saam met die fees kan besin oor die koste van verblyf wat feesgangers tydens die KKNK moet betaal. Mnr Brett Pyper, uitvoerende hoof van die fees, het verlede Donderdag (20 Junie) tydens ’n netwerkaand van die Oudtshoorn Besigheidskamer gesê

Skenk boeke, vra Absa KKNK

LESERS word genooi om nog tot 30 April boeke – oud en nut – te skenk vir die 2013 RSG/Absa KKNK Boekeprojek. Enige boeke, insluitend fiksie, nie-fiksie, handboeke, kinderboeke, ensiklopedieë en naslaanboeke, kan in spesiaal gemerkte goue waentjies by Shoprite en Checkers geplaas word. Hierdie projek wat boeke insamel vir gebruik in minderbevoorregte gemeenskappe, is

Meer kaartjies verkoop

’N VERHOGING in kaartjieverkope en besoekersgetalle is Sondag deur mnr Brett Pyper, uitvoerende hoof van Kuns Onbeperk, die aanbieder van die Absa KKNK, bekend gemaak. Die fees wat vanjaar oor nege dae gestrek het, het Saterdag ten einde geloop. Die verkope van visuele kuns by die fees het volgens Pyper ook aansienlik gestyg.

Grypdiewe vas

Deur Liesel le Roux DRIE grypdiewe het Saterdag in die vroeë oggendure hul rieme op Oudtshoorn styfgeloop toe die Polisie hulle vasgetrek het kort nadat hulle me Adeline Deysel (23) se handsak gesteel het. Volgens lt-kol Andrè Traut van die SAPD se Wes-Kaapse Mediasentrum is Deysel van haar handsak beroof terwyl sy en ’n vriend

Counterfeit Goods Confiscated at Festival

The recently appointed municipal law enforcement officers have made a number of arrests and confiscated counterfeit goods valued at approximately R50 000 at various stalls since the beginning of the Absa KKNK last Friday. Goods confiscated range from sunglasses, T-shirts and hooded tops to soccer jerseys branded with well-known brand names such as Nike, Adidas,

Tydelike werk en werkers

Vir groot getalle inwoners van Oudtshoorn asook skoolkinders en studente is die KKNK jaarliks ’n werksgeleentheid wat vir hulle ’n welkome inkomste voorsien. Stalletjies, venues, borge, ens skep ekstra werk en so ook dié ekstra inkomste.

Dans, drama, kuns vir kinders

Deur Liesel le Roux VERSKEIE aktiwiteite om hawelose kinders tydens die KKNK besig te hou word tans by die Oudtshoorn Drop-in Centre op die dorp aangebied. Die nuwe Drop-in Centre is by die Centre of Hope in die nywerheidsgebied naby die Oudtshoorn Stasie geleë. Die KKNK en die Lunchbox Theatre in Knysna gaan die Towerfluitklanke-projek

Duisende besoek 19de Karoo-fees

HOEWEL die ekonomie byt, brandstofpryse styg en die reën die naweek kort-kort uitgesak het op Oudtshoorn, het duisende mense sedert Vrydag die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) op die dorp bygewoon. Veral die vertonings waarin bekende kunstenaars opgetree het, was vol, terwyl die Rivierbuurt druk besoek is. Een van die suksesverhale by vanjaar se fees

KKNK is land se topfees

Deur Liesel le Roux DIT is amptelik – die Absa KKNK is Suid-Afrika se gewildste fees. Die Absa KKNK is verlede Donderdagaand (21 Maart) in die Staatsteater in Pretoria aangewys as die land se gewildste fees in kykNET se Fiesta-kompetisie. Die wenners van dié Fiesta-gewildheidsprys word bepaal deur sms-stemme van die publiek.

Jonges op verhoog

VERSKEIE jong inwoners van die Klein Karoo is tydens die Absa KKNK te sien in produksies wat Hennie van Greunen en Pedro Kruger na die Absa KKNK toe bring. Agt jong Oudtshoorniete is te sien in die produksie Droom wat baie losweg gebaseer is op Shakespeare se A Midsummer Night’s Dream.

Absa KKNK: Elvis Blue (en orkes) terug in die Suid-Kaap

Deur Liesel le Roux ELVIS BLUE is Sondag en Maandag terug in die Suid-Kaap en terug by die Absa KKNK. Dié gewilde kunstenaar het in Oudtshoorn se buurdorp George gewoon toe hy in 2010 Idols gewen en ’n huishoudelike naam dwarsoor Suid-Afrika geword het.

Groot skare verwag by gratis rymkletskonsert

AFRIKAANSE Hip-hop bars uit sy nate en vanjaar kry besoekers aan die Absa KKNK die geleentheid om van die top-talent in die land heeltemal gratis te sien by die konsert Rymklets van Oos tot Wes. ’n Groot en geesdriftige skare word by dié konsert verwag. Rymklets van Oos tot Wes vind volgende Donderdag (4 April)