Argief vir Nuus Archive

Bridgton wen taai derby

Deur Garnett Wicomb GENADELOOS, hard en by tye ietwat geniepsig. So kan Saterdag se derbystryd op die Bridgton Sportgronde tussen die twee aartsvyande, Bridgton en All Blacks, opgesom word. Dit was ’n klipharde en aanskoulike wedstryd waarin geen genade gevra of gegee is nie en die agttalle mekaar behoorlik opgedreun het. Twee spelers van elke

Persverklaring van Peter Roberts

Peter Roberts, DA-raadslid van die Groter Oudtshoorn, het die volgende persverklaring uitgereik oor sy besluit om Donderdag (6 Februarie 2014) se raadsvergadering teen die wense van die plaaslike DA-koukus by te woon: Dit is my plig as verkose raadslid van die Oudtshoorn Munisipaliteit om ten alle tye in die beste belang van die mense van

Ma, seun hier gegroet

Deur Liesel le Roux CARIN het grootgeword in die NG Kerk OudtshoornWes, sy is daar voorgestel en haar seun, Ralph, daar gedoop daarom was dit reg dat Carin en Ralph se begrafnis en roudiens in dié kerk afgesluit is, het adv Hannes Cloete, Carin Rabbets (49) se broer, Saterdag by die roudiens vir sy suster

Prokureursfirma, dorpsbestuurders saam in die hof

Deur Garnett Wicomb ’N PROKUREURSFIRMA van Oudtshoorn, Avontuur en Genote Ingelyf, die eienaar Clyde Avontuur, en twee voormalige munisipale bestuurders, Noël Pietersen en Mpo Mogale, het vandeesweek in die Oudtshoorn Landdroshof verskyn op aanklagte van diefstal en bedrog (alternatiewelik diefstal) en die versuim van behoorlike rekenkundige boekhourekords. Adv Duncan Korabie wat vir Mogale verskyn het,

Carlito droom van studeer en werk

Deur Liesel le Roux SY groot droom is om ’n werk te vind en ook moontlik te studeer, sê Carlito Michaels (18) van Smartie Town, Oudtshoorn, wat pas sy matriekeksamen geskryf het. Carlito ly sedert sy babadae aan spinale distrofie wat hom van ’n rolstoel of hulp van ander afhanklik maak om te kan rondbeweeg.

Vragmotor ná ongeluk gestroop

Deur Liesel le Roux ’N SKARE inwoners van Klaarstroom en Blomnek by De Rust het Vrydag ’n groot vragmotor wat omstreeks 13:30 in Meiringspoort omgeslaan het, van sy vrag gestroop ten spyte van versoeke dat net die vrag wat uitgeval het, geneem mag word. Die tien polisiebeamptes op die toneel kon vroegaand nie meer die

Man kry 23 jaar ná skokkende hofsaak
‘Skandalig, wreed, onmenslik en veragtelik’

Deur Garnett Wicomb “Skandalig, wreed, onmenslik en veragtelik.” Só het streeklanddros Daniël Boks gister in die streekhof op Oudtshoorn die optrede van ’n man van Dysselsdorp beskryf voordat hy hom 23 jaar tronk toe gestuur het. Hendrik Lewis (38) het die ma van sy twee kinders, wat hom juis as gevolg van sy wreedheid verlaat

Groot tweekamp op Oudtshoorn

TWEEKAMPATLETE van wyd en syd sak weer die naweek op Oudtshoorn toe vir die Groter Oudtshoorn Munisipaliteit/Kangogrotte Interprovinsiale Tweekampbyeenkoms. SWD Tweekamp bied die byeenkoms, wat voorheen as die Highgate Interprovinsiale byeenkoms bekend gestaan het, in samewerking met die OP aan. Die byeenkoms begin Saterdag om 07:30 op die De Jager Sportgronde met die amptelike opening

Union Stars bo-aan punteleer

Deur Garnett Wicomb UNION Stars is ná goeie oorwinnings die naweek oor Mayflower van Groot Brakrivier en Pacaltsdorp United die nuwe voorloper op die punteleer van die Premierliga van die SWD Krieketraad. In die wedstryd teen Mayflower het die verdedigende kampioen eerste gekolf en ’n beskeie telling van 118 aangeteken met net Claude Campher (53)

Bote in die Karoo

Deur Liesel le Roux WANNEER ’n mens in die noordelike deel van Hoogstraat op Oudtshoorn loop of ry, sien jy skielik ’n aantal seilbote op ’n hoogte net oos van die pad – kompleet asof hulle soos Noag se ark ná ’n vloed net daar op die Klein Karoo-heuwel gestrand het. Die sestal bote wat

Ma en seun hier begrawe

Deur Liesel le Roux DIE vrou en seun van Wessel Rabbets, voormalige munisipale bestuurder van die Groter Oudtshoorn, word Saterdag op Oudtshoorn begrawe. Carin (49) en Ralph (18) Rabbets het verlede Vrydag gesterf nadat hulle motor die pad sowat 55?km buite Richmond in die Noord-Kaap verlaat en gerol het. Hulle was op pad na Bloemfontein

20ste KKNK bekend gestel

DIE program vir die 20ste Absa KKNK wat vanjaar op Oudtshoorn aangebied word, is gisteraand tydens ’n bekendstellingsprogram in die Kango Grotte bekend gestel. Die 20ste fees sal van 29 Maart tot 5 April plaasvind. Rhodé Snyman, waarnemende uitvoerende hoof van die Absa KKNK, het by die bekendstelling van die feesprogram vanjaar as ’n koor

Zaaymans weer in Maart in hof

Deur Garnett Wicomb DIE saak teen ’n pa en sy seun, Daniël Zaayman (43) en Edward Zaayman (23), wat albei tereg staan op klagtes van bedrog, is verlede Donderdag in die Oudtshoorn Landdroshof tot 10 Maart 2014 uitgestel. Daniël word daarvan aangekla dat hy homself as ’n prokureur voorgedoen het terwyl Edward daarvan aangekla word

Die Hoorn 13 jaar later

DIT is vandeesweek 13 jaar gelede wat Schalk en Liesel le Roux Die Hoorn op Oudtshoorn kom vestig het. Die eerste uitgawe van dié koerant vir die Klein Karoo het op 25 Januarie 2001 verskyn. Schalk het voor sy koms na Oudtshoorn nege jaar as verslaggewer en subredakteur by Beeld in Johannesburg gewerk en daarna

Ouma Sannah Bosch sterf op 105 jaar

Deur Garnett Wicomb BONGOLETHU se oudste inwoner, Ouma Sannah Bosch, is verlede Vrydag na ’n kort siekbed oorlede. Sy was 105. Volgens ’n familielid was sy gedurende Desembermaand siek en in die hospitaal. ’n Dokter het aanbeveel dat sy in ’n tehuis opgeneem word waar goed na haar omgesien kan word. Sy is Vrydag in

April-saak na streekhof

Deur Garnett Wicomb Die saak teen die burgemeester van die Groter Oudtshoorn, mnr Gordon April, en ’n voormalige munisipale bestuurder van die dorp, mnr Mpho Mogale, wat tereg staan op klagtes van bedrog, is na die streekhof verwys. Landdros Johan Steyberg het die saak verlede Vrydag vir ’n verhoordatum tot Maandag, 27 Januarie 2014, uitgestel.

DA sal oorneem, sê Bekker

Deur Liesel le Roux DIE DA sal die Groter Oudtshoorn-raad oorneem, maar dit doen deur die toepaslike wetlike prosesse te volg, sê die kiesafdelingshoof van die party, mnr Jac Bekker. “Die DA glo in die oppergesag van die reg en dit sal die proses dikteer.” Volgens Bekker gaan hoëprofiellede van die DA Oudtshoorn binnekort besoek

Volstruisbedryf begin kop oplig

Deur Schalk le Roux HOEWEL die probleme met en rondom die Avian Influenza-virus (AI) die volstruisbedryf kwaai geknou het, meen hy die bedryf is verby sy laagtepunt en lyk die vooruitsigte goed, sê mnr Piet Kleyn, uitvoerende hoofbestuurder van die SA Volstruisbesigheidskamer. Nadat die Europese Unie verskeie kere ’n verbod geplaas het op die uitvoer

Skade hier nie baie erg

HOEWEL die reën van vroeër vandeesmaand op Calitzdorp welkom was ná ’n droë en warm Desember, het dit wel skade aan druiweoeste veroorsaak, sê mnr Boets Nel van De Krans Wynkelder. Nel sê daar het sowat 100mm in die omgewing geval. “As ’n mens kon kies, sou sowat 50 mm beter gewees het. Maar ons

Verkeersvrou in hof • Liggaam langs motor gevind • 19-jarige gesteek

’N PROVINSIALE verkeersbeampte van Oudtshoorn het Maandag in die Oudtshoorn Landdroshof op ’n klag van oproerigheid verskyn nadat sy na bewering Vrydag probeer het om ’n polisiebeampte aan te rand. Die saak teen haar is tot 7 Februarie uitgestel. Die voorval het omstreeks 16:15 by die Engen Garage in Langenhovenweg by die uitgang van Oudtshoorn