Argief vir Rubrieke Archive

Nuwejaarsvoornemens

DAAR word gesê dat die meeste men­se se Nuwejaarsvoornemens slegs en­kele dae of weke hou voordat dit ook maar in die vergetelheid verdwyn. Na bewering misluk sowat 80 persent van mense se Nuwejaars­voornemens! In ’n lesersbrief wat vandeesweek op hierdie bladsy verskyn, word egter ’n aantal wenke gegee wat gerus as Nuwejaarsvoornemens vir 2017 kan

Taai pad wag op nuwe raad

Vir diegene wat gister tot raadslede verkies is, lê ’n taai pad voor. Die dorp se paaie vol slaggate, vul­lis wat rondlê, die groot verhoging in munisipale tariewe met die aanvang van die nuwe boekjaar op 1 Julie, en die talle probleme wat ontstaan het as gevolg van wanadministrasie die jare voor administrasie gaan die

Skaam, skaam, skaam

DIE voorval verlede Donderdag op Oudtshoorn waar ’n inwoner opgehoopte vullis op die munisipaliteit se trappe gaan neergooi het, is aanduidend van die vlak van frustrasie onder mense met die situasie by die munisipaliteit. Dié frustrasie is ’n simptoom van inwoners se moedeloosheid vir tekens van die “herstelproses” wat sou volg toe die Groter Oudtshoorn

Dankie aan al die skole

EEN van die dinge waarop inwoners van die Klein Karoo trots kan wees, is die gehalte van die skole in ons streek. Ouers weet dat hul kinders goeie onderrig kry, en die matriekuitslae van 2015 bewys dit weer eens. ’n Mens kan maar sê dat die gehalte van onderrig die een ding is wat die

Te vinnig verby!

TE vinnig verby! Dis hoe die meeste van ons gewoonlik voel wanneer middel Desember skielik op ons is en nog ’n jaar net skielik byna op sy rug lê. 2016 was in vele opsigte ’n veelbewoë jaar vir Oudtshoorn. Dit was die jaar wat die laaste paar jare se onverantwoordelike bestuur by die Groter Oudts­hoorn

Oppas vir koalisiepolitiek

KOALISIEPOLITIEK in die Groter Oudts­hoorn is deels die oorsaak vir die situa­sie waarin ons munisipaliteit vandag sit, die massiewe skuldlas van die dorp en die feit dat die dorp onder administrasie geplaas is. Die Groter Oudtshoorn is die laaste jare deur ’n koalisie van die ANC en twee piepklein partye Icosa en die NPP (National

Ken mense nog padreëls?

IN byna elkeen van die talle onge­luk-ke die laaste paar maande op Oudts­hoorn is daar ’n gemene deler: pad­reëls word oortree. En dié oortreding van padreëls deur motorryers én voetgangers is onge­luk­kig heeltemal te algemeen. Die vraag is nou: is dit as gevolg van onkunde of nalatigheid en roeke­loosheid? Met ander woorde: Ken men­se die

Ingeligte inwoners kan regte keuses maak

DIE terugvoer van lesers ná verlede week se voorbladberig oor die situasie waarin die Oudtshoorn Munisipaliteit dit tans bevind, was nogal oorweldigend. Dié berig, gegrond op ’n voorlegging wat die administrateur van Oudts­hoorn, Kam Chetty, gedoen het, toon dat inwoners van Oudtshoorn wil weet en verstaan wat in hul dorp aan die gang is. Hoewel

Die nare werklikheid: Meer as R150 milj in die rooi…

DIE Hoorn het die afgelope twee jaar tot vervelens toe geskryf en gewaar-sku oor die afdraande pad waarop ’n minderheidsgroep aan beheer van die Gro­ter Oudtshoorn Munisipaliteit die dorp geplaas het. Die Hoorn is geboikot, beriggewing is as onwaar uitgemaak, terwyl ’n min­­derheid verbete aan die mag vasgeklou en onder meer onwettige me­todes en skelmstreke

Klim uit hierdie kopklem

“WAT gaan op ons dorp aan? Dit was nog nooit so nie.” Opmerkings soos hierdie hoor Die Hoorn gereeld deesdae wanneer ons op ongelukstonele op die dorp afkom – iets wat handuit geruk het en groot emosionele, fisieke en finansiële ska­de in baie mense se lewens aanrig. Wat gaan aan? Is dit nie maar net ’n

Jaag dié albatros weg

DIT is voorwaar tyd dat Suid-Afrika­ners hulleself toelaat om die albatros van rassisme wat nog so swaar om die nekke van baie hang, te laat gaan – ten spyte van ons land se verlede en die optrede van ander in die verlede en selfs nou. Die wyse waarop mense in elk ge­val deesdae op sosiale

Wees eerder só goedhartig

Daar is met oorgawe kommentaar ge­lewer op ’n foto wat Die Hoorn Vry­dagoggend op ons Facebook-bladsy geplaas het. Ongelukkig het van dié kommentaar van oningeligtheid en harteloosheid gespreek. Die foto is die een wat vandeesweek Die Hoorn se Foto van die Week is. Hierdie keer is ons Foto van die Week nie ’n mooi natuurtoneel

‘Wonde’ van ’n magstryd

ELKE enkele mens wat in die Groter Oudtshoorn woon, of Oudtshoorn, De Rust en Dysseldorp besoek, hoef net na die strate te kyk om te besef dat grootskaalse wanbestuur die afgelope jare hier plaasgevind het. Daar was die laaste aantal jare duidelik nie die tyd, lus, geld of die kundigheid om die padinfrastruktuur te onderhou

Hulle is nie Oudtshoorn nie

Daar is in die algemeen groot blydskap in die Groter Oudtshoorn dat die munisipaliteit Maandag onder volle administrasie geplaas is. Vir baie inwo­ners wek dit weer die hoop dat alles – op munisipale gebied – nie vir Oudtshoorn verlore is nie. Selfs si­niese inwoners hoop weer dat die dorp se vervalle paaie nou herstel sal

Is volle administrasie die enigste oplossing?

VOLLE administrasie waar die raads­-lede geen mag het nie, lyk in hierdie stadium na die regte oplossing vir die Groter Oudtshoorn. Die dorp is die afgelope week ge-skud deur anargie by die munisipali-teit. Die gebeure wat van Vrydag- middag af daar met onbegryplike en onbehoorlike haas afgespeel het, her-inner aan ’n staatsgreep… Die anargie het

Dalk verdwyn kritieklus so

’N VROU het die afgelope week op sosiale media haar verstomming uitgespreek oor die soms vernietigende wyse waarop Suid-Afrikaners mekaar daagliks op Facebook, Twitter, en in gesprekke en in publikasies aanval. Hoe is dit moontlik dat Suid-Afri-kaners mekaar so kan afbreek? wou sy weet. Dit is inderdaad iets om oor na te dink. Wat sê die

Hou op kla en raak betrokke!

INWONERS van Oudtshoorn is onbetrokke en wil nie die moeite doen om insette te lewer vir die welsyn en ont­wikkeling van ons dorp nie. Daarvan getuig die swak bywoning van die openbare deelnamevergade­­-rings vir die hersiening van die konsep Geïntegreerde Ontwikkelingsplan vir 2016/2017 wat vandeesmaand op Oudtshoorn plaasvind. Maandagaand se GOP-vergadering vir Wyk 2 in die

Huise sonder nommers

’N MEDIESE dokter van Oudtshoorn het op ’n keer gesê iemand gaan nog een nag sterf op Oudtshoorn terwyl ’n dokter in die straat besig is om op en af te jaag om die huis te soek. Hoekom? Want baie huise het nie sigbare straatnommers nie. ’n Straatnommer agter ’n boom of ’n pilaar op die stoep,

Projekte bring weer hoop

Wie sou nou ooit kon dink dat twee eenvoudige en doodgewone goed soos die aanplant van spekbome en die herstel van waterlekke ’n simbool van hoop vir ons streek en land kon word? Dit is presies wat die afgelope Dinsdag by die Oudtshoorn Proefplaas gebeur het waar die Algemene Jaar­vergadering van die Gouritz Cluster Biosphere

Administrasie begin in erns

DIE administrasieproses op Oudts­hoorn het die afgelope week in alle erns afgeskop met die administrateur, Kamalasan Chetty wat Maandag op die dorp aangekom het. Inwoners moet egter realisties wees en nie oornag omvattende resultate verwag nie. Dit is duidelik dat almal vir eers geduldig sal moet wag. Daar is immers ’n magdom kwes­sies wat tydens