Argief vir Redakteursbrief Archive

Redakteursbrief

Die dag toe Madiba op O’hoorn was BAIE inwoners van Oudtshoorn en omgewing het waarskynlik die afgelope week teruggedink aan die dag in April 2001 toe oud-pres Nelson Mandela as eregas van die KKNK Oudtshoorn besoek het. Die KKNK het die dag die Vryheid van Oudtshoorn ontvang en met Madiba as spesiale gas was dit

Redakteursbrief

Lesse in positiwiteit SNAAKS hoe mens dié tyd van die jaar net nie meer kans sien vir negatiwiteit, politieke speletjies en probleme nie. Dis of die aanbreek van die laaste maand van die jaar die smagting na vrede en positiwiteit net soveel intenser maak. Saterdag het ek opnuut ’n paar lesse gekry in juis die

Redakteursbrief

Skeptici was toe reg! DIE Groter Oudtshoorn se “skeptiese” inwoners was toe reg. Net om lesers se geheue te verfris, hier is ’n paragraaf uit verlede week se redakteursbrief oor verlede Vrydag se raadsvergadering: “Inwoners is egter oor die algemeen erg skepties of Stoffels en April hulle by die wil van die meerderheid van inwoners

Redakteursbrief

Beleërde munisipale kasteel Hoe loop dinge op ’n dorp so verkeerd soos op Oudtshoorn? Hoe gebeur dit dat polisiebeamptes in die jaar 2013 met helms en skilde wat aan die middeleeue herinner, die munisipale “kasteel” teen inwoners en werknemers moet “beskerm” – soos op die foto bo wat verlede week tydens ’n staking van munisipale

Redakteursbrief

Wat beteken uitspraak? WAT beteken Dinsdag se hofuitspraak van regter Ashton Schippers? Kan iemand asb vir ons verduideik wat op Oudtshoorn aan die gang is. Dit was versoeke wat ons sedert gistermiddag van verskeie kere ontvang het. In wese beteken die uitspraak dat die speaker moet toesien dat die demokratiese proses op Oudtshoorn gevolg word

Redakteursbrief

Inwoners grootste bate Wanneer ons in die Klein Karoo rondbeweeg, besef ons herhaaldelik dat die inwoners van hierdie gebied een van sy grootste bates is. Daar is weliswaar – soos oral – die klakouse, die negatiewes, die luies, die skelmes. Maar daar is so baie mense wat woeker en werk, wat glimlag en groet, wat

Redakteursbrief

‘Survival of the Nicest’! Die Engels Eerste Addisionele Taalvraestel waarmee die matriekeksamen Maandag afgeskop het, het ’n onverwagse inhoud van positiwiteit en inspirasie bevat waaroor nie net die matrieks na die tyd gesels het nie, maar wat die week ook die onderwerp van verskeie gesprekke was – ook hier in die Klein Karoo. Die begripstoets

Redakteursbrief

Belediging is nie kritiek Daar is niks mee verkeerd om te kritiseer nie – veral nie as kritiek geregverdig is of daarop gemik is om foute of leemtes uit te wys nie. Maar dit is verstommend om soms te ervaar hoe mense kritiseer. Dit is asof baie mense glo kritiek is gelykstaande aan die vernedering

Redakteursbrief

Suksesvolle byeenkoms DAT ons mense ’n sportbyeenkoms kán aanbied, kan niemand betwis nie. Die Meiringspoort Halfmarathon wat Saterdag by De Rust plaasgevind het, is ’n sprekende voorbeeld hiervan. Die halfmarathon het die dorpie behoorlik uit sy nate laat bars. Almal met wie Die Hoorn gepraat het – ook die wat van baie ver gekom het

Redakteursbrief

Spesiale mense van hier ’N BESOEKER aan Oudtshoorn se lesersbrief aan Die Hoorn vandeesweek sê iets van die inwoners wat miskien partykeer vergeet word. Ja, mense van elders praat wel, soos die inwoners, dikwels ook oor Oudtshoorn se negatiewe eienskappe – soos die stukkende strate en die voortslepende politieke onstabiliteit en toutrekkery in die plaaslike

Redakteursbrief

Erfenisvieringe inspireer DAAR is rondom Erfenisdag wat verlede week gevier is, heelwat gepraat, gekritiseer en verduidelik hoe en hoekom mense Erfenisdag vier. En hoewel die meeste inwoners van die Klein Karoo waarskynlik dié dag om die braaivleisvure deurgebring het, kom een van die inspirerendste verhale van hoe Erfenisdag vanjaar gevier is, hier uit die Oudtshoorn-omgewing.

Redakteursbrief

Mismoedige inwoners JY sien hulle orals – mismoedige mense wat met lang gesigte praat oor Oudtshoorn. Hulle staan daagliks oorkant die munisipale gebou in Voortrekkerweg. Jy kry hulle op sypaadjies, in winkels en selfs op die sportveld. Hoekom? Waarskynlik omdat wat op Oudtshoorn aan die gang is, niks minde is as ’n tragedie nie.

Redakteursbrief

Leer lesse by ‘dromers’ ’N MENS kan maar net wonder hoeveel energie en, ja, ook geld, vermors is deur die afgelope weke se politieke speletjies (is dit die regte woord?) op Oudtshoorn om ’n raadsvergadering te vermy. Tyd is mos maar geld. ’n Mens kan ook wonder oor die ure se tyd wat aan konsultasies

Redakteursbrief

So besig die naweek hier! MENSE wat dink die platteland is vol dooie klein dorpies waar daar niks gebeur nie, was nog nie op Oudtshoorn en sy buurdorpe in die Klein Karoo nie. Soos met die komende naweek is daar in dié streek dikwels nie net een ding wat besig is om te gebeur nie,

Redakteursbrief

Hofsaak op hofsaak … AS alle plaaslike raadslede en alle munisipale amptenare tog net kon doen wat hulle veronderstel is om te doen, naamlik om die gemeenskap te dien, sou Oudtshoorn ’n baie beter plek gewees het vir al sy inwoners. Hoe kan dit wat nou met die munisipale raad aan die gang is, tot

Redakteursbrief

Slaggate net simptome DIT is nie tans maklik om deur Oudtshoorn se strate te bestuur nie. Om die waarheid te sê, in baie strate is dit bykans onmoontlik om te ry sonder om jou voertuig se bande te beskadig. Die hoeveelheid slaggate van alle groottes is net te veel om mis te ry.

Redakteursbrief

Dorp hou April nou dop WAAROM is so baie inwoners nie verbaas dat mnr Gordon April twee weke ná die tussenverkiesings in Bridgton steeds die burgemeester van die Groter Oudtshoorn is nie? April het die afgelope paar maande getoon dat hy nie sommer van die burgemeestersketting, CG 1 en sy ondersteuningspan wat hy om hom

Redakteursbrief

Nee vir dié aanranding DIE aanranding van ’n joernalis van Die Hoorn Maandag deur ’n lid van die publiek, word ten sterkste veroordeel. Liezl van Niekerk het ten volle binne haar regte opgetree. Sy was nie op ’n privaatperseel nie, maar op ’n sypaadjie wat openbare gebied is, en het ’n nuuswaardige toneel gefotografeer met

Redakteursbrief

Wat wag na verkiesings? WANNEER u hierdie redakteursbrief lees, is die tussenverkiesings in drie wyke in Bridgton, Oudtshoorn agter die blad en sal die lewe in dié drie wyke hopelik gou weer terugkeer na normaal. Die afgelope weke en veral dae was beslis nie rustig vir inwoners daar nie, met talle hoëvlakse politici en partywerkers

Redakteursbrief

Besluit so waar jy stem DAAR lê twee besige weke vir Oudtshoorn voor. Op die spyskaart is drie munisipale tussenverkiesings volgende Woensdag. Ook op pad is die Klein Karoo Klassique, Oudtshoorn se jaarlikse klassieke musiekfees, van volgende Donderdag tot Sondag. En dan gaan oud-Struisies van oraloor ook oor die langnaweek op die dorp toesak vir