Argief vir Skolenuus Archive

Die Hoërskool Protea is hier!

Deur Higgo Jacobs Wanneer die skoolklok in Desember vanjaar lui om die einde van die skooljaar aan te kondig, sal dit ook die einde van ’n era van laerskoolonderrig aan Protea Primêr beteken. Alle leerders van graad 2 tot 6 word van 1 Januarie 2017 by die buurskool, De Villiers Primêr, geakkomodeer. Die graad R-

De Beers Engelse Olimpiade 2016: Sue-Ané land se toppresteerder

Deur Stefan Skapie Goosen EN daar lewer Oudtshoorn die toppresteerder op in die nasionale De Beers Engelse Olimpiade van 2016 vir Engels Eerste Addisionele Taal! Sue-Ané Sabad (16), graad 11-leerder aan Langenhoven Gimnasium, het reeds verlede jaar toe sy net 15 was vir dié olimpiade ingeskryf. Dus het sy die kompetisie gewen toe sy nog in

Sacred Heart 1ste jaar bo!

Deur Liesel le Roux DIE trompoppiespanne van vier Oudtshoorn-skole het die dorp se naam hoog gehou by die pas afgelope Suid-Afrikaanse Trom­pop­piekampioenskap wat in Ger­miston gehou is. Slegs die heel beste trompoppiespanne in die land kry die geleentheid om aan dié nasionale kampioenskap deel te neem Oudtshoorn se sterre vanjaar is die span van Sacred

Steve Hofmeyr Oktober hier

Deur Liesel le Roux DIE nuus is uit – Steve Hofmeyr tree op Saterdag, 1 Oktober, in ’n opelugkonsert net buite Oudts­hoorn op. Hofmeyer word deur Lategansvlei Laerskool na Oudtshoorn gebring om die skool te help om broodnodige fondse in te samel. Suid-Kapenaars het die afgelope week opgewonde op Facebook gereageer toe dit bekend geword het

Rodewallertjies maak stem dik!

Deur Stefan Skapie Goosen Rodewal UCC Primêr, ’n klein skooltjie net buite Oudtshoorn op die Kango Grotte-pad, het puik presteer by ’n wintersportfees op 11 Junie by Vlakteplaas UCC Primêr net buite De Rust. Dié skool se o.11-spannetjie het oorwinnings van 100-0 en 45-15 behaal oor twee van die ander spanne wat deelgeneem het. Wat

Groot T 20-krieket op Rec!

Deur Higgo Jacobs DIE Rec op Oudtshoorn is een van vier krieketvelde waar die Afrika Top 20-toernooi van 9 tot 11 September vanjaar aangebied gaan word. In ’n persverklaring het SWD Krieket bekend gemaak dat Krieket Suid-Afrika (KSA) die trekking vir die toernooi gister in Kaapstad gedoen het. Die spanne wat aan die Top 20-­toernooi

K2 Topskoletoernooi vanjaar baie groter!

Deur Higgo Jacobs Die Hoërskool Oudtshoorn se K2 Toptoernooi is vanjaar groter as verlede jaar met 44 sportspanne (rugby, netbal en hokkie) vanoor die hele land wat van Vrydag, 29 April, tot Maandag, 2 Mei, kom deelneem. Bekende hoërskole soos De Kuilen, Ben Vorster, Duineveld, Helpmekaar en Marlow (om maar enkeles te noem) gaan vanjaar

Laerskool Wesbank deur WKOD vir wiskunde vereer!

Die Laerskool Wesbank het op 18 Februarie in Kaapstad ’n spesiale toekenning vir uitnemendheid in wiskunde vir graad 3 en 6 van die Wes-Kaapse minister van onderwys, me Debbie Schäfer, ontvang. Die toekenning van die Wes-Kaap­se Onderwysdepartement (WKOD) is gebaseer op die onafhanklike toetse wat jaarliks deur die WKOD afgeneem word.  Alle graad 3- en

Gimnasium vier sy 21ste

EEN van Oudtshoorn se topskole, Langenhoven Gimnasium, het gister sy 21ste verjaarsdag gevier. Langenhoven Gimnasium het in Januarie 1993 sy deure die eerste keer geopen ná die amalgamasie van die Hoërskool CJ Langenhoven (’n handelskool) en die Hoër Tegniese Skool. Die dag het afgeskop met ’n saalbyeenkoms wat deur oudhoofde en ander belanghebbendes bygewoon is.

Top-matriekpresteerders

Oudtshoorn se agt toppresteerders in die 2013-matriekeksamen is Lukhanyiso Jantjies van Fizikile Sekondêr, Susan King van die Hoërskool Oudtshoorn, Heidi-Lee Rüschenbaum, Danike le Grange en Jean Marie Potgieter al drie van Langenhoven Gimnasium, Madeleine du Plessis en Paula-Mari Roller, albei van die Hoërskool Oudtshoorn, en Willicia Reed van Bridgton Senior Sekondêr.      

Geskiedkundige dag vir Van Reede

Deur Liesel le Roux ’N SEE van wit en geel hempies was gister die simbool van die amalgamasie van twee skole op Oudtshoorn. Oudtshoorn Junior Primêre Skool en Laerskool Van Reede sal vanaf vanjaar bekend staan as Laerskool Van Reede. Leerders van die ou Junior Primêre Skool (graad 1 tot 3) dra geel hempies en

Klein Karoo-matrieks blink uit

MATRIEKLEERDERS in die Klein Karoo het weer uitstekend gevaar in die onlangse eindeksamen met al die hoërskole in Die Hoorn se lesersgebied wat slaagsyfers van meer as 70% behaal het. Twee skole, die Hoërskool Calitzdorp en die Shalom Akademie op Ladismith spog met ’n 100%-slaagsyfer. Die ander skole se slaagsyfers is: Langenhoven Gimnasium: 99,2%, Hoërskool

Tweeling skitter

DIE Lareman-tweeling van Oudtshoorn, wat in 2009 matriek aan die Hoërskool Oudtshoorn geskryf het en twee van hul skool se toppresteerders was, het pas weer by hul onderskeie universiteite uitgeblink. Mieke Lareman het haar honneursgraad in chemiese ingenieurswese aan die Universitet van Stellenbosch voltooi en was die wenner van die Southern African Institute of Mining

Noord kry nuwe hoof

Deur Me Ronelle Huysamen “Elke leerder moet ’n gelukkige leerder wees”. Dit is die slagspreuk van die Laerskool Oudtshoorn-Noord se nuwe skoolhoof, me Ronelle Huysamen. Huysamen volg mnr Thijs Meyers op wat afgetree het. Sy is tans ’n leerkrag aan die skool. Huysamen sê sy sien uit na die nuwe én groot uitdaging wat nou

’n Eerste Kersspel

Deur Liesel le Roux Daar was herders, engele, wyse manne, én Maria en Josef en die Kindjie by die krip tydens Vreugdevoetjies se eerste Kersspel wat op Sondag, 8 Desember, vir ’n groot groep kinders en belangstellendes aangebied is. Daar was ook baie verwondering, skaam glimlaggies en trotse ouers! Deur Liesel le Roux ’N BESONDERSE

Jong Ben presteer!

Deur Liezl van Niekerk Wiskunde en musiek is maar net twee van die goed waarvan Ben Alberts (9) van Oudtshoorn baie hou – en sy prestasies daarin wys dit. Ben, ’n graad 3-leerder van die Oudtshoorn Ju-nior Primêre Skool, het 96% vir sy graad 1 praktiese Unisa-klaviereksamen gekry en 94% in die teorie-afdeling. Hy is

Graad 6 leerders beloon

Deur Liezl van Niekerk Twee en ’n half jaar gelede het me Jacqueline Emmerich, ’n multi-graad-onderwyser van Rooiberg Primêr op die sementpad tussen Oudts- hoorn en Calitzdorp, haar sewe graad 4-leerders belowe sy sal hulle see toe neem as hulle 60% vir wiskunde kry. Hulle het die uitdaging aanvaar en vanjaar aan die einde van

Twee skole word een

Deur Liesel le Roux TWEE bekende skole van Oudtshoorn, Laerskool Van Reede en Oudtshoorn Junior Primêre Skool, word vanaf 1 Januarie 2014 een skool. ’n Proses om die moontlike amalgamasie van die twee skole te ondersoek is in Februarie vanjaar deur die twee beheerliggame geïnisieer kort nadat Laerskool Van Reede se hoof, mnr Ferdi Maritz,

Sterkte, matrieks 2013!

Sterkte aan al die matrieks van ons streek vir die eindeksamen! Daar is heelparty van hulle wat die week al begin het met praktiese eksamens in vakke soos visuele kunste en ontwerp, terwyl almal vanaf Maandag met die geskrewe eksamen afskop. Sterkte ook aan almal – ma’s en pa’s, ooms en tannies, oumas en oupas

Nuwe Gim-hoof

Deur Liesel le Roux MNR STEPHANUS POTGIETER wat sedert die begin van verlede kwartaal as skoolhoof van Langenhoven Gimnasium op Oudtshoorn waargeneem het, is met ingang 1 Oktober aangestel as die nuwe hoof van die skool. Hy volg mnr Jaco Lombard op wat einde Junie na Pretoria verhuis het waar hy ’n hoofpos aanvaar het.