Argief vir Skolenuus Archive

‘Vir groot dinge bestem’

Blitsvinnig, sterk en hy beskik oor ’n bedrieglike systap! Nee! Dis nie Gio Aplon waarvan gepraat word nie. Dit is Justin Jansen (15) van Fezekile Sekondêr in Bongolethu, Oudtshoorn. Jansen wat heelagter speel, was lid van die SWD o.15-span wat aan die Iqhawe Rugbytoernooi in Kaapstad deelgeneem het. Aden Murphy (14), ’n leerder van Bridgton

Nuwe hoof verwelkom

Een van sy drome vir die Hoërskool Oudtshoorn is dat die skool op die voorpunt van die gebruik van elektroniese onderrigtegnologie moet staan, het die skool se nuwe hoof, mnr Coenie de Vos, Dinsdag in sy eerste toespraak by die skool gesê. De Vos is Dinsdagoggend tydens saalopening deur die leerders, personeel, ouers en die

Struisies spog met sportsentrum

DIE Hoërskool Oudtshoorn het ’n nuwe sportsentrum as deel van die skool se visie om leerders ook op sportgebied tot hul volle potensiaal te laat ontwikkel. Mnr Harry Coetzee, die Struisies se oorhoofse sportorganiseerder, sê die sentrum vul die skool se twee gimnasiums, een vir kardio- en die ander vir kragoefeninge, aan. Mnr EP Olivier,

Struisies gaan hul beste gee

SATERDAG trek die wintersportspanne van die Hoërskool Oudtshoorn op na George vir die jaarlikse kragmeting met die spanne van die Hoërskool Outeniqua, wat bekend staan as Kwaggadag as dit op George plaasvind. Die Struisies se sjampanjenooi en eerste netbalspankaptein, Janetjé Jordaan, sê sy wens al die spanne sterkte toe. “Speel julle harte uit. Wat die

JP’s, Griffies en Struisies is trompoppiekampioene

LAERSKOOL Van Reede en die Hoërskool Oudtshoorn se trompoppies is vanjaar se SWD- Trompoppiekampioene nadat hulle skoonskip gemaak het in al hul afdelings. Die trompoppies van Oudtshoorn Junior Primêre Skool is die wenners van die junior primêre afdeling. Die tweede en derde plekke in die kampioenskap is in al die afdelings deur skole van Oudtshoorn,

Toerusting vir skole

Deur Liezl van Niekerk Die adjunk-minister van sport en rekreasie, mnr Gert Oosthuizen, het Vrydag sokker- en rugbyballe sowel as sokkerspantoerusting aan die Eljada-Kairosskool op Oudtshoorn sowel as aan die Hoërskool De Rust oorhandig. Die sporttoerusting is deur Nike Suid-Afrika beskikbaar gestel. Hy het die kinders gemotiveer om aktief deel te neem aan sport en

Duitsers skenk R120 000

Deur Schalk le Roux DIE ondersteunersklub van die Duitse sokkerklub 1FC Union Berlin het R120 000 ingesamel vir ’n sokkerveld met kleedkamers en toilette vir die leerders van Lategansvlei Primêre Skool in die Oudtshoorn-distrik. Mnr Dario Urbanski, wat ’n gastehuis in die Lategansvlei-omgewing bedryf en saam met sy vrou, Carmen, by die skool betrokke is,

Pasop vir dié aanvullings

DIE gevaar van proteiëndrankies en ander ongetoetste aanvullings was Maandagoggend in die kollig tydens ’n praatjie deur dr Jannie du Toit, mediese dokter van Oudtshoorn, by die Hoërskool Oudtshoorn. Du Toit beskik ook oor ’n verdere kwalifikasie in sportgeneeskunde. Hy het na die tyd ’n boekie met voedingsriglyne vir kinders wat aan sport deelneem, uitgedeel.

Gimmies en Struisies pak mekaar

Deur Liezl van Niekerk en Liesel le Roux Die jaarlikse kragmeting tussen die Hoërskool Oudtshoorn en Langenhoven Gimnasium se wintersportspanne vind Saterdag (18 Mei) op Struisies se sportvelde plaas. Die Hoorn het met die kapteins van al die eerstespanne gaan gesels oor dié groot geleentheid.

36 medaljes vir skitter-poppies

360 SPANNE. Meer as 3 500 deelnemers. En toe loop die Suid-Afrikaners (met vyf Oudtshoorniete in die span!) weg met 36 medaljes in die 38 afdelings van die kompetisie. Dit is die verhaal van die triomfantlike Suid-Afrikaanse junior en senior trompoppie-spanne wat einde Maart aan die 2013 Marching Auxiliaries Drill-Dance Championship in Fort Worth, Texas

Twee Gimmie- krieketspanne in eindstryde

DIE o.15- en o.19-krieketspanne van Langenhoven Gimnasium het deurgedring na die eind-stryde van hul onderskeie ouderdomsgroepe in die SWD-skolesuperliga. Die o.19-eindstryd word môre (Vrydag) op die Gimmies se veld op Oudtshoorn gespeel.

Gimmies val vas in T20

DIE Hoërskool Framesby van Port Elizabeth het Vrydag (15 Februarie) Langenhoven Gimnasium se drome op die Rec (Oudtshoorn Sportgronde) gekelder om vir die eindrondes van Krieket Suid-Afrika se T20-skoletoernooi te kwalifiseer. Framesby het Gimanasium uitgeskakel met ’n oorwinning van 3 paaltjies.

Gimmies is T20-kampioene

DIE eerste krieketspan van Langenhoven Gimnasium het verlede Woensdag die Coca Cola SWD Twintig20-skolekrieketliga gewen deur die span van die Hoër Landbouskool Oakdale in ’n dramatiese eindstryd op die Rec op Oudtshoorn te verslaan. Dit is die vierde keer dat die liga gespeel is. Gimmies het prysgeld van R20000 vir die oorwinning ontvang.

Anica onder Wes-Kaap se toptwintig

VIR Oudtshoorn se toppresteerder in die 2012-matriekeindeksamen was haar matriekjaar voorwaar ’n jaar vol opwinding. Anica Potgieter, hoofmeisie van die Hoërskool Oudtshoorn, het die jaar nie net afgesluit as een van die Wes-Kaap se 20 toppresteerders nie, maar ook die jaar met ’n hoogtepunt begin toe sy as een van twaalf hoërskoolleerders vanoor die wêreld

Matrieks om op trots te wees!

Deur Liesel le Roux OP Oudtshoorn was daar sedert die bekendmaking van die matriekuitslae op 2 Januarie heelwat glimlagte met verskeie leerders van die dorp wat uitmuntende prestasies behaal het. Die dorp se toppresteerder is Anica Potgieter, oud-hoofmeisie van die Hoërskool Oudtshoorn, wat met ’n gemiddeld van 93,9% en agt onderskeidings ook een van die

100 % slaagsyfer vir Gimnasium!

NIE net ’n 100%-slaagsyfer nie, maar ook geen druipeling in enige vak nie. Dit is die trotse rekord wat 2012 se matriekklas van Langenhoven Gimnasium op Oudtshoorn daargestel het.

Oorstelp oor Aurial se eerste matriekuitslae!

“ONS was absoluut oorstelp deur die uitslae. Die matrieks het bo verwagting goed presteer en ek as hoof en die res van die personeel is baie trots op hulle.” So sê mnr Philip Stalmeester, skoolhoof van Aurial College, oor die skool eerste matriekklas.

Trotse skool

DIE Hoërskool Môrester het op 2 Januarie by die premierswoning Tuynhuis ’n sertifikaat ontvang ter erkenning van die groei in die slaagsyfer van leerders tussen 2010 tot 2012.