Argief vir Skolenuus Archive


Principia Prefects


Gimmie koshuisleiers

Liz and Shannon-Leigh the winners

THE overall winners of the annual Spelling Bee, which was organized by the Greater Oudtshoorn Municipality’s Youth Centre, the Department of Education, the CJ Langenhoven Library and the ATKV, was Liz Combrinck, Grade 10 learner of Principia College (high school section), and Shannon-Leigh Avontuur, Grade 7 learner from Uniondale Secondary School (primary school section).

Kleuterskool se nuwe klaskamers ingewy

Deur Garnett Wicomb Daar was verlede Woensdag groot vreugde by die Katryntjie Kleuterskool in Bridgton toe twee broodnodige klaskamers amptelik in gebruik geneem is. Die gebou is opgerig met fondse wat die ouers ingesamel het, terwyl die Eden Distriksmunisipaliteit ‘n stewige bydrae gelewer het vir die finale afronding en die aanbring van ‘n afdak.

2010 op Rietbron beslis nie net ‘n sokkerjaar nie!

Op Rietbron was 10 Augustus ‘n geskiedkundige dag toe daar die eerste keer tussen twee plaaslike skole hokkie gespeel is! Laerskool Rietbron (op die dorp) speel al sedert 1998 hokkie nadat een van die ouers, me Monita Nigrini, met afrigting begin het.

Struisies verloor net-net

DIE eerste rugbyspan van die Hoërskool Oudtshoorn het Saterdag in die eindstryd van Die Burger se skole-kompetisie vir medium-groot skole teen Augsburg Gimnasium (Clanwilliam en Boland) naelskraaps met 10-12 verloor.

Gimmies wen naelbytstryd

SATERDAG se wedstryd tussen die eerste rugbyspanne van Langenhoven Gimnasium en die Hoërskool Punt het nuwe betekenis aan die woord naelbytstryd gegee. Die Gimmies het in die laaste tien minute van die wedstryd twee drieë gedruk om die wedstryd met 27-23 te wen. Die eindfluitjie het geblaas nadat die laaste drie verdoel is.