Argief vir Sosiaal Archive

Relay for Life 2017 skop af!

Deur Garnett Wicomb Die bekendstelling van Purple John CG, een van die projekte van die Oudtshoorn Relay for Life-komitee om fondse vir kankernavorsing in te samel, het onlangs voor Pick n Pay plaasgevind en baie byval gevind. Dit was ook die afskop vir volgende jaar se Relay wat op 4 en 5 Februarie 2017 op

Vrywilligers van regoor die wêreld kom saam by St Luigi’s

ELKE jaar is die St Luigi Scrosoppi Sorgsentrum in Wolfweg, Bridgton bevoorreg om vrywilligers van regoor die wêreld te ontvang, en vanjaar is geen uitsondering nie. Jonk en oud kom spandeer van hul tyd hier – sommige vir ’n week, soos met die Gap Force-lede, en ander vir so lank as ’n jaar. Dié vrywilligers

Boeremusiek volgende naweek weer koning!

Oudtshoorn Black Swan Grootvoël Boeremusiekfees Deur Liesel le Roux SKUD solank die vere reg, want vanaf volgende Vrydag (23 September) is die konsertina, trek­kla­vier en kitaar weer koning op Oudtshoorn wanneer die derde Grootvoël Boeremusiekfees op die dorp plaasvind. Die fees bring vanjaar orkeste van dwarsoor Suid-Afrika en selfs uit Namibië na Oudtshoorn – die

CANSA se ‘Purple John’

DIE Oudtshoorn CANSA Relay for Life-komitee vir 2017 is verlede Woensdag gekies, en het hul fondsinsamelingprojek vir 2016 bekend gestel. Wat hierdie projek so uniek maak, is die feit dat Purple John, ’n opgetooide pers toilet, die “gesig” van die projek sal wees met die slagspreuk: Flush Cancer Away. Die projek werk so: Purple John

Die Hoorn vereer vyf fenomenale vroue

VYF vroue van Oudtshoorn is Saterdag by ’n Vroueoggend wat aangebied is in die ontbytsaal van die Queen’s Hotel, vereer vir die verskil wat hulle in die gemeenskap maak. Dié vroue is Shirley Wagenaar, Colleen Smith-Coetzee, Toy Un­gerer, Adéle Wright en Hazel Jonker . Dit was die vierde keer wat Die Hoorn vroue uit die

Talle wenners by agste Klein Karoo Klassique!

ONDER die vele bekroonde kunstenaars vanjaar by Klein Karoo Klassique op Oudtshoorn tel ’n Grammy-wenner, ’n Sama-wenner, wenners van groot internasionale en plaas­like klassieke musiekkompeti­sies, asook die wenner van twee boekpryse. Dié fees van klassieke musiek, kuns, kos en wyn word van Vrydag tot Sondag, 12 tot 14 Augustus, vir die agtste keer aangebied. “Ons

Rooikruis maak groot verskil

DIE leuse van die Rooikruisvereniging is om ’n verskil in die lewens van minderbevoorregtes te maak, sê Jean Arries, voorsitter van dié vereniging op Oudtshoorn. Die vereniging het die afgelope Saterdag hul baie suksesvolle jaarlikse noenmaal in die Protea Riempie Hotel aangebied. Die jaarlikse noenmaal is een van die organisasie se groot fondsinsame­linggeleenthede jaarliks. Die

Bloeisels, biscotti en wyn op Calitzdorp

DE KRANS WYNKELDER in Calitzdorp bied op Saterdag 27 Augustus die derde Boorde Vol Bloeisels in Calitzdorp aan. Hierdie tyd van die jaar is die vrugtebome van De Krans vol in die blom, wat dit ’n ongelooflike prentjie maak om te aanskou. Hierdie lentebloeisels kondig elke jaar die begin van ’n nuwe jaar aan vir

Knipmesaand met goeie doel

DIE Klein Karoo Duiweklub se jaarlikse Knipmes-manneaand word vanjaar ten bate van Helen Bellinghanhof, ’n tehuis vir bejaardes op Oudts­hoorn, aangebied. Vir dié aand, wat op 5 Augustus by die Oudts­hoorn Country Club (Klub Perd) sal plaasvind, sal skaaplammers onder die wakende oog van Nico Ungerer op die spit gebraai word, terwyl verskeie slaaie en

Die enjins gaan brul!

Saterdag is dit weer tyd vir die opwindende Klein Karoo Ovaalbaan-kampioenskappe op die De Jager Ovaalrenbaan by Oudtshoorn. Dié byeenkoms wat oor die afgelope 20 jaar gegroei het tot een van die prestige ovaalbaanrenne in Suid-Afrika, gaan volgens Dirk van der Westhuizen, voorsitter van die Oudtshoorn Motorklub, Saterdag beslis weer sy kwota opwinding lewer. “Verskeie

Steve Hofmeyr Oktober hier

Deur Liesel le Roux DIE nuus is uit – Steve Hofmeyr tree op Saterdag, 1 Oktober, in ’n opelugkonsert net buite Oudts­hoorn op. Hofmeyer word deur Lategansvlei Laerskool na Oudtshoorn gebring om die skool te help om broodnodige fondse in te samel. Suid-Kapenaars het die afgelope week opgewonde op Facebook gereageer toe dit bekend geword het

Bikers brul deur Oudtshoorn vir skut

Deur Stefan Skapie Goosen SOWAT 100 motorfietsryers asook passasiers en  diereliefhebbers van Oudtshoorn, George, Mosselbaai en Knysna het Sondagoggend ’n massa-optog na die Oudtshoorn Munisipale Skut gehou om onder meer brood­nodige kos en komberse vir die diere daar te neem. Van die diereliefhebbers het met hul motors saamgery. Die Bikers vir Liefdadigheid-Faceboekgroep van George en

Die Hoorn se Vrouedag: spesiale vroue

TREK solank ’n rooi kring om die datum: 6 Augustus. Die Hoorn het goeie nuus vir die talle lesers wat wou weet wanneer ons weer ’n Vroue-ontbyt aanbied. Die datum is vasgestel en die venue bespreek! Die Hoorn en sy lesers gaan op Saterdag, 6 Augustus, in die Queen’s Hotel se ontbytkamer saamkuier, saameet, saamgesels

Port en kuier dié naweek

Deur Stefan Skapie Goosen CALITZDORP, Suid-Afrika se porthoofstad, hou dié langnaweek weer sy jaarlikse Calitzdorp Winterfees, voorheen bekend as die Calitzdorp Portfees. Dit vind van Donderdag tot Sondag plaas. Carel Nel, eienaar en wynmaker van Boplaas, sê Calitzdorp is gereed vir vanjaar se Winterfees. “Verblyfplekke op die dorp is vol bespreek. Dit is ook ’n

Dis nie net vroue wat brei nie!

MOENIE dink dit is net vroue wat brei en hekel nie, sê Haseena Blaauw, bestuurder van Wilck Wolwinkel, in Kerkstraat, Oudtshoorn. Sy vertel so paar jaar gelede was hier ’n mediese dokter wat sy internskap by die Oudtshoorn Hospitaal gedoen het. “Hy het gereeld hier by ons kom wol koop waarmee hy komberse gehekel het.” Sy

Nuwe baadjie vir Smulpaaptoekennings

Deur Liesel le Roux DIE gesogte Klein Karoo Smulpaaptoekennings (Klein Karoo Gourmand Awards) waarmee die top-eetplekke in die Klein Karoo jaarliks be­kroon word, spog nou met ’n “nuwe baadjie”! Eetplekke sal voortaan in vyf kategorieë beoor­deel word, naamlik koffiewinkels (coffee shops), infomele eetplekke (casual eateries), restaurante, plaasstalle en oorde (resorts) soos gholflandgoe­dere, wildplase ens. Volgens

Fassinerende kunstenaar kom grense verskuif

Deur Stefan Skapie Goosen DAAR is ’n verrassing vir aanhangers van die uitvoerende kunste (“performance art”) vandeesmaand by ArtKaroo, kunsgalery op Oudts­hoorn… Die galery se inwonende kunstenaar- program het pas afgeskop met Ivan Lupi, ’n gebore Italianer wat die afgelope sewe jaar in die Verenigde Koninkryk woon. Hy is tot 21 Mei op Oudtshoorn Ivan

Ongelooflike boeresportdag

Deur Liesel le Roux “DIE boeresportdag Maandag op Lategansvlei se sokkerveld was ongelooflik,” sê Vreda Lategan, een van die orga­niseerders van die dag. Die kinders en gemeenskap van Lategansvlei buite Oudtshoorn, asook besoe­kers van Oudtshoorn, het Maandag geesdriftig deelgeneem aan items soos sakresies, drie­been­resies, eiergooi, kettieskiet, tennisbalgooi en ’n broodbakkompetisie. Lategan het gesê die skoolgemeenskap

‘Zipline’ beloof groot opwinding

GOEIE nuus vir adrenalienvrate is dat een van die langste ziplines in Suid-Afrika in aanbou is by die Cango Caves Estate net suid van die wêreldbekende Kango Grotte. Jean Botha, eienaar van die Cango Caves Estate, vertel vandeesweek dat die zipline, iets soortgelyks aan ’n groot foefieslaaid van ouds, langs die parkeerterrein van die Kango Grotte

Juweel in wêreld van kitsmetodes en massaproduksie

  Deur Liesel le Roux ELKE stekie van haar lappieskomberse word met liefde én met die hand gedoen, sê Rina Dekker (83), ’n inwoner van Tuishuis op Oudtshoorn. Selfs die voering van Dekker se lappies­komberse word met die hand vasgewerk sodat geen stekie iewers wys nie. Sy het onlangs haar vierde een voltooi. Die eerste drie