Argief vir Sport Archive

Attakwa-rekord spat

Deur Schalk le Roux MET sy eerste deelname aan Saterdag se Fairview Attakwas Extreme-bergfietsmarathon tussen Oudtshoorn en Groot Brak het die Switser Urs Huber die rekord aan flarde gery met sy tyd van 4 uur 47 min en 46 sek. Die 121 km van dié uitmergelende ren, sluit klimwerk van 2900 meter in.

Sportgeskiedenis

Sportgeskiedenis word Saterdag op Oudts-hoorn gemaak met die opening van die Eden Distriksportakademie (voorheen SWD Sportakade- mie) se nuwe kantore en ouditorium by die De Jagersportkompleks op die dorp. Die opening, wat om 09:00 begin, sal deur die Wes-Kaapse minister van Kulturele Sake en Sport, dr Ivan Meyer, waargeneem word.

Wêreld se bestes durf Attakwas aan

SATERDAG se agtste Fairview Attakwas Extreme-bergfietsmarathon oor 121km van Chandelier-wildplaas buite Oudtshoorn tot by die Pine Creek-vakansieoord by Groot Brakrivier wat Saterdag plaasvind, het die beste groep bergfietsmarathonryers nog gelok. Bo aan die lys van top-mansdeelnemers is Christoph Sauser, verdedigende manskampioen van Switserland wat die huidige wêreld-bergfietsmarathonkampioen is en al vier keer die Cape Epic

Aksie tydens Vakansie-atletiek

Stars as T20-kampioene gekroon

Deur Garnett Wicomb Union Stars Krieketklub van Oudtshoorn het Maandag op Versoeningsdag die Sedgars T20-kompetisie van die SWD Krieketraad gewen toe hy verlede jaar se kampioen, Sussex van Mosselbaai, in die eindstryd op die Rec oortuigend met 132 lopies verslaan het. Die wenspan het ’n tjek van R7000 ontvang. Daarmee het Stars ook wraak geneem

Na 2 droommyle gemik

Deur Liesel le Roux DAAR is groot verwagtinge dat Oudtshoorniete Maandag (16 Desember) ’n droommyl, of dalk selfs twee droommyle, op die dorp kan sien wanneer die jaarlikse Oudtshoorn Vakansieatletiek en Klein Karoo Straatmyl op die dorp plaasvind. Die aanslag om ’n droommyl op Versoeningsdag op Oudtshoorn te hardloop sal gelei word deur Johan Cronje,

World Champion in Action

Reigning mountain bike marathon world champion, Christoph Sauser (Specialized), has confirmed he will defend his title at the 2014 Fairview Attakwas Extreme on 18 January 2014, widely considered to be South Africa’s toughest one-day mountain bike race. For the first time the popular 121 kilometre marathon will have a sponsor, with Fairview Wine & Cheese

Droommyl verwag!

Deur Liesel le Roux ATLETIEK van hoë gehalte met daarmee gepaardgaande groot opwinding is vir Versoeningsdag op Maandag (16 Desember) op die spyskaart op Oudtshoorn wanneer die jaarlikse Oudtshoorn Vakansie-atletiek en Klein Karoo Straatmyl op die dorp plaasvind. Dit is die eerste keer dat dié twee opwindende sportgeleenthede op ’n openbare vakansiedag plaasvind, wat dit

Oudtshoorn Vakansie-atletiek

Atlete van verskeie klubs in die Wes-Kaap, die Vrystaat, Noordwes, die OP en Gauteng en die twee Keniane van die Kenya Methodist University, Peter Bii en Weldon Korir, kom Maandag op Oudtshoorn aan die Oudtshoorn Vakansie-atletiekbyeenkoms deelneem. Omdat die byeenkoms op ’n vakansiedag val, sal die atletiekbyeenkoms reeds om 14:00 begin en sal die aandwind

Sportvrou 2013

Benoemdes vir sportpryse

DIE name van die benoemdes vir die Oudtshoorn Sporttoekennings, wat op Woensdag, 27 November tydens ’n onthaal in die banketsaal van die Oudtshoorn Burgersentrum oorhandig word, is vandeesweek bekend gemaak. Die sporttoekennings word jaarliks gedoen om sportlui van die Groter Oudtshoorn, skole, junior en senior, te vereer vir prestasies behaal die afgelope jaar.

Attakwas is om die draai

MET van die wêreld se top-bergfietsryers wat op Saterdag, 18 Januarie 2014 aan Dryland Event Ma-nagement se sewende Attakwas Bergfietsren kom deelneem, kan kwaai mededinging verwag word aangesien dit as een van die taaiste eendagbergfietsrenne, indien nie die taaiste nie, in die land beskou word. Die Attakwas begin 06:30 op die Chandelier Wild- en Volstruisskouplaas

Deelnemers vol lof vir uitdagende veldwedloop

BAIE goeie terugvoer is ontvang van deelnemers aan die Fairview Dryland Traverse Veldwedloop wat van verlede Donderdag tot Sondag in die Swartbergomgewing by De Hoek Bergoord plaasgevind het, sê Bernard le Roux van Dryland Event Management wat die wedloop aangebied het. “Deelnemers het gesê al was die roete ’n groot uitdaging, het hulle dit geniet

Uithou en aanhou…

DIE bekende Suid-Afrikaanse langafstandatleet, Elana Meyer, spring vanaand (Donderdag, 7 November) saam met sowat 220 langasems van dwarsoor die land weg in die proloog van die Fairview Dryland Traverse, ’n veldwedloop met benewens die proloog drie skofte wat môre, Saterdag en Sondag in die Swartberg-omgewing plaasvind. Die proloog begin met ’n roete wat ’n draai

Plaaslike ryers hou Oudtshoorn se naam hoog!

VIER van die fietsryers van Oudtshoorn wat verlede week aan die Bridge Cape Pioneer Trek deelgeneem het, het op die podium geëindig, wat uitstekend is as in ag geneem word dat hul met top internasionale fietsryers asook die bestes in Suid-Afrika meegeding het. Die fietsren het Sondag, 20 Oktober, by Buffelsdrift Game Lodge buite Oudtshoorn

Benoem nou Oudtshoorn se top-sportlui

DIE Oudtshoorn Sporttoekenningsfunksie vind vanjaar op Woensdag, 27 November, vanaf 19:00 in die banketsaal van die Oudtshoorn Burgersentrum plaas om sportlui van die Groter Oudtshoorn, senior en skole, te vereer vir prestasies behaal die afgelope jaar. Benoemingsvorms is reeds aan sportklubs en skole versprei. Die sluitingsdatum vir die indiening van benoemings is Vrydag, 8 November.

Benoem vir SWD

VERSKEIE inwoners uit die Klein Karoo is onder die finaliste vir die SWD Sporttoekennings wat op 15 November in die George Burgersentrum oorhandig gaan word. Die prysuitdeling word deur die SWD Sportraad, die Departement van Kultuursake en Sport en die Munisipaliteit van George aangebied. Onder die benoemdes is Johnny Bisschoff (sportadministrateur – trompoppies), Corné Botha

‘Wedstryd van die jaar’ vir Gerthwin en Dale

TWEE geliefde Oudtshoorniete wat albei op ’n jong ouderdom gesterf het, Dale “Pora” Tait en Gerthwin “Gus” Lekay, word op Saterdag, 26 Oktober, om 12:00 op die dorp in ’n aksiekrieketkragmeting onthou en vereer. Dié wedstryd waarheen alle inwoners genooi word, word reeds as een van die hoogtepunte op die jaar se sportkalender bestempel. Die