Argief vir Toerisme / Tourism Archive

Net die ding vir avontuursoekers!

Nuwe ‘zipline’ vandag oop! DIE nuwe “ziplines” by die Cango Caves Estate by die Kango Grotte is van vandag af amptelik oop vir avontuursoekers en adrenalienvrate. Daar is twee dubbellyne. Die eerste dubbellyn begin langs die parkeerterrein van die Kango Grotte en gaan oor ’n vallei voordat dit 180 meter verder teen ’n berghang eindig. Van

Verblyf op Oudtshoorn uitverkoop

OUDTSHOORN  beleef tans die suksesvolste toerismeseisoen sedert 2008 met verblyf op die dorp wat skaarser as hoendertande is. “Verblyf in Oudtshoorn en omliggende omgewing is tot lank na Nuwejaar uitverkoop, die beste besetting in die gebied sedert 2008,” sê Niel Els, voorsitter van Oudtshoorn Toerisme. Volgens Els moes besoekers die afgelope dae na dorpe soos

Prince Albert Leesfees stel nuwe standard

Deur Marlene Malan SEEPGLAD, goed beplan en ’n volgepakte program met topskrywers en -aanbieders. Dis van die gloeiende kommentaar deur deelnemers aan die derde Prince Albert Leesfees verlede naweek. Die voorsitter van die beplanningskomitee, Linda Jaquet, sê dit was ’n fees van rekordbywoning. Gaste tot so ver as Piketberg, Stellenbosch, Durbanville, Kaapstad, Robertson, Mosselbaai, George

Winde oor die Grotte

Deur Liesel le Roux DIE Kango Grotte was een van die sentrale besprekingspunte by ’n middagetegesprek op Oudtshoorn verlede Vrydag (15 Augustus) tussen die Wes-Kaapse minister van ekonomiese geleenthede, Alan Winde, en lede van die Oudtshoorn Besigheidskamer. Winde het aangedui dat die provinsie tans aandag skenk aan nuwe wetgewing om die verantwoordelikheid van die Kango

Oudtshoorn reg vir 6de Klassique

“ONS trompetgeskal is ingeoefen en ons is reg vir die skare liefhebbers van klassieke musiek wat hierdie naweek op Oudtshoorn by die Klein Karoo Klassique verwag word.” So sê Rhodé Snyman, uitvoerende hoof van Kunste Onbeperk, die maatskappy wat hierdie nisfees vir wêreldklas klassieke musiek, smulkos, plaaslike kuns en bloulintwyne vanjaar die sesde keer aanbied.

Prince Albert Winter School 2014

THE charming village of Prince Albert will once again welcome those wishing to expand their world view to their Winter School from Friday, 8 August, till Sunday, 17 August. During this week the townsfolk (many of them renowned specialists and artists) open their homes, kitchens and artist’s studios to share their wealth of expertise and

Southern Equitorial Ferrari Club by Surval Boutique Olive Estate

Lede van die Southern Equitorial Ferrari Club het Sondag (1 Junie) middagete by Surval Boutique Olive Estate buite Oudtshoorn gaan nuttig. Onder die nege Ferrari’s wat daar was, is van ’n Ferrari 512 uit die tagtigerjare tot die moderne Ferrari 430 Scuderia. Foto’s: Marc Lorenz

Kango Vallei eersdaags erken as ’n “Wyn van oorsprong”-gebied

Die Kango Vallei gaan eersdaags ook erken word as ’n “Wyn van oorsprong”-gebied in Suid-Afrika. Hier van links klink Jackie Kupido (SAWIS), Duimpie Baily (afba­keningskomiteevoor­sitter), Jacques Conradie (Karusa) en Francois Viljoen (Vinpro) ’n glasie op dié pluimpie in Oudtshoorn se hoed.  

Beste port in 2014

DE KRANS Wynkelder in Calitzdorp het pas weer gewys waarom sy portwyne so hoog aangeskryf word. De Krans se 2011 Cape Vintage Reserve Port het by die 2014 Old Mutual Trophy Wine Show die Tony Mossop Trofee ontvang vir die beste port in Suid-Afrika. Die uitslae is op 28 Mei in die Mount Nelson Hotel in

Beste port by CAPPA

BOPLAAS Familiewingerde in Calitzdorp het die beste Suid-Afri­kaan­se Cape Port ingeskryf by die CAPPA Port en Wine Challenge. Die Boplaas Cape Vintage Reserve Port 2011 is aangewys as algehele wenner sowel as trofeewenner. Die Port is gemaak van Touriga Naçional, Tinta Barocca en Souzoã en het reeds verskeie ander toekennings gekry insluitende as een van

New Curator for C’dorp

A NEW curator has been appointed for the Calitzdorp Museum. The appointment of Blackie Badenhorst, who is well-known in art and museum circles throughout the Western Cape, was announced at the Annual General Meeting of the Calitzdorp Museum Association last Tuesday, 8 April.  

Goeie vakansieseisoen vir Oudtshoorn

Deur Liesel le Roux OUDTSHOORN is tydens die afgelope somervakansie so oorval deur toeriste dat daar in ’n stadium geen verblyf op die dorp beskikbaar was nie. Verskeie besoekers moes na verneem word die naweek tussen Kersfees en Nuwejaar (28 Desember) elders gaan slaapplek soek toe al wat ’n verblyfplek is vol was.

De Rust se Ekofees op pad

DIE fauna en flora van die De Rust-omgewing word van 12 tot 15 September gevier wanneer De Rust sy tweede Ekofees aanbied. ’n Blommefees is verlede jaar die eerste keer in September op die dorp aangebied, maar vanjaar word ’n veel omvattender program aangebied en transformeer die blommefees in ’n volwaardige Ekofees. Die fees om

Twee keer soveel by Portfees

BESOEKERSGETALLE oor die naweek by die Calitzdorp Port- en Wynfees het meer as verdubbel in vergelyking met verlede jaar se fees. Mnr Carel Nel, voorsitter van die fees en eienaar van Boplaas Wynkelder, sê hulle het baie positiewe terugvoer ontvang oor die verskeie items wat aangebied is. Ook mnr Boets Nel van De Krans Wynkelder

Highgate oop!

Deur Liesel le Roux DIE oudste volstruiskouplaas in die wêreld is weer van volgende Maandag (25 Maart) oop vir die publiek! Die Highgate Volstruisvertoon- en Skouplaas net buite Oudtshoorn moes 22 maande gelede al sy toerismebedrywighede staak toe die skouplaas se 48 volstruise verwyder en uitgeslag is nadat die H5N2-virus by een broeivolstruis gevind is.

19 bekroon met Smulpaap Toekennings

Deur Liesel le Roux NEGENTIEN restaurante in die Klein Karoo is op 19 Desember met die Smulpaap Toekennings / Klein Karoo Gourmand Awards vereer tydens ’n peuselonthaal by die Oudtshoorn Wijnhuis. Ronnies Sex Shop wat tussen Barrydale en Ladismith geleë is, het op sy beurt ’n spesiale toekenning ontvang as ’n toerisme-ikoon op die R62

GOT now at Cango Caves

THE Greater Oudtshoorn Tourism (GOT) now also has an Information Desk at the Cango Caves. The desk is manned from 09:00 to 17:00 daily, 364 days a year. After negotiations with the Cango Caves, and other service providers, the desk opened on 1 January 2013, and the full offering of services is now available to

GOT-begroting nog nie deur munisipaliteit betaal
Meer uit Indië

HOEWEL daar die laaste jare ’n afname is in buitelandse besoekers aan Oudtshoorn en De Rust, is daar ’n toename in besoekers hierheen van die BRICS-lande (Brasilië, Rusland, Indië en China), het mnr Niel Els, uittredende voorsitter van Groter Oudtshoorn Toerisme (GOT), Dinsdagaand by die Algemene Jaarvergadering (AJV) van die organisasie gesê. Els het in

Rooiheuwelmark by Jamstreet

OMKRING solank die eerste Saterdag van elke maand vanaf Novembermaand. En skryf daarby: Rooiheuwelmark. Dit is die nuwe naam van die Kattebak Karnaval wat tans die eerste Saterdag van elke maand by die plaas Jamstreet op Rooiheuwel aangebied word. Die Kattebak Karnaval is die plaaslike weergawe van die tradisionele Engelse “car boot sale” en reeds

Stem vir Prins Albert!

PRINS ALBERT volg vanjaar in die voetspore van De Rust nadat dit aangewys is as die Wes-Kaap se Dorp van die Jaar in Rapport en Kwêla se Dorp van die jaarkompetisie. Die mense van Prins Albert het die week gevra dat die inwoners van die Klein Karoo hulle dorp moet help om te wen. Stemme