Die Hoorn is nou weekliks volledig as E-boek op die internet te lees!

Internetgebruikers dwarsoor Suid-Afrika en die wêreld kan dus nou ook Die Hoorn weekliks volledig lees, net soos diegene wat die koerant in die Klein Karoo op straat koop. Die E-boek is letterlik ’n identiese weergawe van Die Hoorn in elektroniese formaat.

Die Hoorn bied dié diens tot einde Julie 2014 gratis aan. Die E-boek sal tot dan eers van Vrydae pleks van Donderdae beskikbaar wees.

Daarna sal lesers op Die Hoorn se E-boek kan inteken vir ’n tydperk van minstens drie of ses maande of langer vir R30 per maand. Van dan af sal die E-boek soos die koerant ook op Donderdagoggende verskyn.

Die Hoorn se huidige webtuiste sal soos voorheen voortgaan.

* Die intekengeld sal elektronies deur middel van PayFast op Die Hoorn se webtuiste betaal kan word.  Gebruiksers wat inteken op die diens sal vanaf Aug van ‘n gebruikersnaam en wagwoord voorsien word om toegang tot die E-boek te verkry.

 

Buy