Nuwejaarsvoornemens

DAAR word gesê dat die meeste men­se se Nuwejaarsvoornemens slegs en­kele dae of weke hou voordat dit ook maar in die vergetelheid verdwyn. Na bewering misluk sowat 80 persent van mense se Nuwejaars­voornemens! In ’n lesersbrief wat vandeesweek op hierdie bladsy verskyn, word egter ’n aantal wenke gegee wat gerus as Nuwejaarsvoornemens vir 2017 kan ...

Gimmies kry WKOD-toekenning vir RTT

LANGENGOVEN Gimnasium is verlede week deur die Wes-Kaapse Onderwysdepartement ver­eer met ’n toekenning vir dié skool in die Wes-Kaap wat die grootste verbetering in sy punte in rekenaartoepassingstegnologie (RTT) in die 2016-eindeksamen behaal het. Volgens die skoolhoof, mnr Stefanus Potgieter, wat die toekenning in Kaapstad in ontvangs gaan neem het, is skole se 2015- en 2016-punte ...

Kom dans vir die dorp se diere

SATERDAGAAND kan Oudtshoorniete en inwoners van omliggende gebiede hul heupe swaai én ’n heerlike ete geniet by ’n vrolike “Doggy Dance” waarmee fondse ingesamel word vir Oudts­hoorn Dogs in Need wat deur Colleen Smith bestuur word. ­Die dans word by Die Watergat (by die Oudts­hoorn Honde-eenheid) gehou. Kobus Etsebeth, kroegman by Die Watergat, het die ...

Boom val op geskiedkundige hangbrug

...

Man vas met nege selfone in besit

Die Oudtshoorn Polisie het vanoggend ‘n man in hegtenis geneem met nege selfone, twee skootrekenaars, drie kameras en verskeie selfoonlaaiers in sy besit. Die eiendom is vermoedelik gesteel. Die man, ‘n Ethiopiër, word aangehou vir die besit van vermoedelik gesteelde eiendom. Die polisie is tans besig om na te gaan of die selfone en toerusting ...

Waarskuwing teen erge hitte en brandgevaar

Die Kaapse Weerkantoor van die SA Weerdiens het ‘n waarskuwing uitgereik vir hoë brandgevaar in die Klein Karoo môre, Woensdag,  18 Januarie.  Baie warm en droë toestande kan ook lei tot baie hoë ongemakliksheidvlakke. Volgens Wayne Venter van die SA Weerdiens word ‘n temperatuur van 43 grade C vir môre op Oudtshoorn voorspel,  maar kan die aanvoelbare ...

Nuwe Koos Roets-rolprent bekend gestel

Die nuwe Koos Roets-rolprent Hoener met rooi skoene, wat verlede jaar in Klaarstroom, Oudtshoorn en Prins Albert verfilm is, is Maandagaand in die Tygervalleisentrum in Bellville bekend gestel. Hoener met rooi skoene is ‘n tipiese “Whodunnit?” – ‘n mengsel van spanning en komedie. Koos Roets, regisseur, en Eunice Visser het die gaste verwelkom.  Die bekende ...

Vreugde en trane by 101ste verjaardag

Die merkwaardige Marie van der Merwe van Tuishuis op Oudtshoorn het Sondag 101 jaar oud geword, maar dié besonderse verjaardag het ook met trane gepaard gegaan.  Van der Merwe se suster, Ans Olivier wat ook in Tuishuis gewoon het, is verlede week oorlede en Maandag begrawe. Volgens van der Merwe se dogter, Marianne van der ...

De Rust – waterpompe verstop weer

DIE Groter Oudtshoorn Munisipaliteit het vanoggend gewaarsku dat De Rust die naweek weer sonder water gaan wees. De Rust gaan gebuk onder ’n watertekort as gevolg van plantmateriaal wat na verwoestende brande en reën in die dorp se waterbronne beland het. Volgens Ntobeko Mangqwengqwe, munisipale woordvoerder, is die invloei na die De Rust-reservoir van­oggend op ...

91,4% vir Jacobus en Nathania!

Deur Liesel le Roux TWEE van die Klein Karoo se matrieks van 2016 spog met gemiddelde persentasies van meer as 91% en 15 vakonderskeidings tussen hulle. Dié slimkoppe is die oud-hoofseun van die Hoërskool Oudtshoorn, Jaco­bus King, met 91,4% en agt vakon­der­skei­dings en en Nathania Truter van Langenhoven Gimnasium, ook met 91,4% en sewe vakonderskei­dings. ...

Brand verwoes Swartberge

Deur Liesel le Roux HAAR stukkie hemel is nou ’n maanlandskap. En sy besef dat haar gaste­plaas nooit weer in haar leeftyd tot sy vroeëre glorie sal kan herstel nie. Maggie Fourie, eienaar van die Ou­demuragie Gasteplaas naby De Rust is een van die baie grond­eienaars in die omgewing tussen die Rust-en-Vredewaterval en Meiringspoort wat ...

‘Ek voel soos Job’

Deur Liesel le Roux TOE haar man twee jaar gelede oorlede is, het Maggie Fourie ingespring en die Oudemuragie Gasteplaas uitgebou tot die paradys wat sy gevisualiseer het. Maar nou na die verwoestende brand van Desember is daar niks oor van dié paradys nie en is sy haar inkomste kwyt. Sy wys na die berge op ...

Waterpyplyn na De Rust hopelik vandag operasioneel

Deur Liesel le Roux DIE ergste waterkrisis op De Rust behoort reeds vandag onder beheer te wees, sê Kobus du Toit, assistent-stadsingenieur van Oudtshoorn. Water uit die Huisrivier sal hopelik vandag weer aan De Rust verskaf kan word. Die munisipaliteit het vroeër die week in ’n persverklaring gesê dat stokkies en plantmateriaal as gevolg van die ...

Sakerolbal begin op 1 Februarie

Deur Ben du Preez DIE gewilde rolballiga vir besighede wat deur die Oudtshoorn Rolbalklub aangebied word, begin weer Woensdag, 1 Februarie, by die Oudtshoorn Rolbalklub in St Johnstraat. Besighede kan spanne van vier lede inskryf wat dan oor ses Woensdae teen mekaar speel – die ideale geleentheid vir sakeondernemings, skole, kerke en ander organisasies om ...

Rugbytoernooi

DIE Groter Oudtshoorn Sportraad gaan saam met al die plaaslike rugbyklubs ’n rugbytoernooi aanbied vir alle klubs wat by die SWD Rugby-voetbalunie geaffilieer is om vriendskapsbande tussen die klubs te bou. Die toernooi gaan terselftertyd die publiek van die Groter Oudtshoorn die geleentheid bied om al die plaaslike rugbyspanne in aksie te sien. Die wedstryde ...

Spanning loop hoog op Rec

DIE Builtnat Cape Cobras het die Bizhub Highveld Lions op die Rec op Oudtshoorn met 6 paaltjies geklop in ’n geskiedkundige wedstryd waarin verskeie Protea-spelers gespeel het. Die wedstryd het van verlede Donderdag tot Sondag plaasgevind. Dit was ’n spannende wedstryd waarin Wayne Parnell, wat as Protea-bouler bekendheid verwerf het, as openingskolwer ’n honderdtal (103 ...

Groot tweekampbyeenkoms

Deur Ben du Preez SEWE provinsies – WP, Boland, SWD, OP, Vrystaat, Griekwas en Grens – spook sake weer Saterdag, 4 Februarie, in die hitte van die Klein Karoo uit tydens die 26ste Highgate Interprovinsiale Tweekampbyeenkoms op Oudtshoorn. Die Wes-Kaapse Departement van Kultuursake en Sport en die Groter Oudtshoorn Munisipaliteit is medeborge van die byeenkoms ...

Burgemeester vier eerste skooldag in De Rust

“MOENIE die geleentheid wat julle nou kry nie benut nie. Wees gebalanseerd en kry julle prioiriteite reg.” Dit was die boodskap van die Groter Oudtshoorn se burgemeester, Colan Sylvester, aan die leerders van De Rust se hoër- en laerskool op die eerste skooldag van die jaar. Sylvester het die dorp wat tans ’n drinkwatertekort ondervind, ...

Nuwe Hoërskool Protea open sy deure!

DIE opening van die Hoërskool Protea gister in Bridgton was ’n geskiedkundige oomblik in die geskiedenis van die onderwys op Oudtshoorn. Die skool is geleë waar Protea Primêr voorheen was. Protea Primêr se leerders en opvoeders is na ’n buurskool, De Villiers Primêr, wat oor voldoende klaskamers en onderwysgeriewe beskik, oorgeplaas. Hoërskool Protea se hoof, Johan ...

Pietersen tydelik geskors

’N VOORMALIGE munisipale bestuurder van die Groter Oudtshoorn, Noël Pietersen, is tydelik deur die munisipaliteit waar hy tans as munisipale bestuurder werk, geskors. Die Dr Beyers Naudé Munisipaliteit in die Oos-Kaap het Pietersen Dinsdag tydelik geskors. Hy is op 7 Desember in die Oudtshoorn Streekhof op vyf aanklagte van die oor­treding van die munisipale finansiële bestuurs­wet ...