Sonde met die bure

Deur Marelize Potgieter Die rusie tussen bure, die Dawsons van Reserwestraat en die Fouries van Adderleystraat, het steeds nie tot ’n einde gekom nie. Volgens me Johanna Dawson was haar buurman, mnr Tienie Fourie, die afgelope twee weke verskeie kere weer op die afdak in sy erf, wat grens aan die heining van die Dawsons, ...

In siekeboeg wou sy nie bly!

Deur Marelize Potgieter ’n Merkwaardige inwoner van Tuishuis het verlede Donderdagaand (7 Mei) haar derde musiek-en-melodie-aand ten bate van die siekeboeg van dié tehuis aangebied. Me Engela Minnie (74) het in 2007 haar been verloor en was daarna so te sê gekluister aan ’n bed in die siekeboeg. Sy het egter besluit dat dit nie ...

Bridton se naelbytsege in donkerte

Deur Garnett Wicomb Bridgton rugbyklub  se eerste span, wat die verdedigende Premierligakampioen van die SWD is, het Saterdag gewen soos hy die vorige week teen Evergreens verloor het – met ’n drie in die laaste minuut. Bridgton het Silver Stars met 14-13 geklop nadat hy rustyd met 9-0 voorgeloop het. Silver Stars het in die ...

Krieketspeler oorsee

Deur Garnett Wicomb EEN van Oudtshoorn se belowendste jong krieketspelers, die 19-jarige Denovan Ekstraal, het Maandag na Engeland vertrek waar hy gaan probeer om vir homself naam te maak. Denovan, ’n oud-speler van die  SWD, die Western Hope en Union Stars Krieketklubs op Oudtshoorn, het volgens sy pa,  mnr Seppie Ekstraal, uiteindelik die groot kans ...

Drummie teams excel

THREE drummie teams from Oudtshoorn participated in the first SWD Drummie competition on Saturday in Oudtshoorn and did very well. Principia College was overall first in the high school division. They also won the following categories: small drill, non-prop, pom-pon group, single flag group, double flag group and mace group. Van Reede also made sure ...

Van 0-100 km/h in net 4,5 sek

Waarskynlik die vinnigste Mercedes-Benz in Suid-Afrika het onlangs ’n draai op Oudtshoorn gemaak. Mnr Steve Rademeyer, eienaar van dié motor, ’n 1964 Mercedes-Benz 230 SL met ’n 5.6 liter-enjin en twee turbo-aanjaers, sê hy het al ’n topsnelheid  van 250 km/h met die motor behaal, maar wou nie vinniger ry nie omdat die bande van ...

Al agt dae lank gestaak

Deur Garnett Wicomb Hulle is moeg om vir hongerlone te werk,  sê werkers van die bekende volstruisboer,  mnr Saag Jonker. Hulle staak nou al agt dae. Maar Jonker ontken dat hy enigiemand ’n hongerloon betaal en sê sy werkers, almal stukwerkers,  geniet baie voordele en kan deur harde werk ’n goeie salaris verdien. Volgens mnr ...

So voel lesers oor Die Hoorn

Deur Schalk le Roux “Een van die beter dorpskoerante in Suid-Afrika.” Dit is van die terugvoer oor Die Hoorn wat ontvang is tydens onafhanklike marknavorsing wat vroeër vanjaar vir Die Hoorn deur Farndell Consulting in opdrag van Seda (Small Enterprise Development Agency) Eden gedoen is. Die marknavorsing is gedoen om vas te stel hoe lesers ...

SWARTBOOI WAG

Deur Liesel le Roux DIE Groter Oudtshoorn munisipaliteit verwag nog vandeesweek die aanbevelings van ’n onafhanklike dissiplinêre verhoor van die dorp se OD-onderburgemeester, mnr Jeffry Swartbooi. Swartbooi is voorverlede week dissiplinêr verhoor oor die beweerde toekenning van ’n munisipale tender van meer as R50 miljoen sonder dat die regte prosedure gevolg is en daar ’n ...

NOG TOP-MUSICI!

DIE Neelsie op Oudtshoorn is op Vrydag, 29 Mei, weer die gasheer van twee vooraanstaande internasionale musici wat deur die Oudtshoorn Musiek­vereniging na die dorp gebring word. Die tjellis Suren Bagratuni en die pianis Ajano Shimada tree die aand daar op in ’n konsert wat beloof om fynproewers en Jan en San Alleman te bekoor. ...

HONDERDE ROTARIËRS HIER

Deur Garnett Wicomb Tussen 500 en 600 afgevaardigdes van Rotariërklubs in die Wes-Kaap, Namibië en Angola (Distrik 9350), trek van vandag af op Oudtshoorn saam vir die 2009 Rotariër­streeks­konferensie wat deur die Oudtshoorn Rotariërs aangebied word. “Rotary se leuse is Diens bo Jouself en ons is oorgehaal vir die konferensie wat tot Sondag duur,” het ...

NUWE WYNKELDER VIR DORP

’n NUWE premium privaatwynkelder, Karusa Vineyards, is buite Oudtshoorn in Schoemanshoek in aanbou. Dit sal die eerste privaatwynkelder op die pad na die wêreldbekende Kango Grotte wees, en ook die eerste kelder in die streek waar Cap Classique, vonkelwyn volgens die Franse metode, met klassieke Champagne-kultivars Chardonnay en Pinot Noire gemaak word. Volgens mnr Jacques ...

SWITZER BUITE KUIERPLEK AANGERAND

Deur Liesel le Roux ’N ONTSTELDE Switserse toeris het verlede Donderdag met sy gesin teruggekeer na Switserland nadat hy en ’n vrou na bewering buite ’n kuierplek op Oudtshoorn deur ’n polisie-beampte aangerand is. Die beampte was nie aan diens toe die voorval plaasgevind het nie. ...

LEKKER PORTFEES!

TERUGVOER oor vanjaar se Calitzdorp Portfees is baie positief, sê mnr Boets Nel van De Krans, een van die gasheerkelders van vanjaar se Portfees. Die fees is die afgelope naweek aangebied deur die wynkelders Boplaas, De Krans, Calitzdorp Wynkelder, Axe Hill, Withoek, Peter Bayly en TTT Kelders. Nel het Maandag gesê die feesorganiseerders het veral ...

TOY TANS SEWENDE VINNIGSTE IN WÊRELD

Deur Marelize Potgieter SY word tans in die ouderdomsgroep 60+ geklassifiseer as die 7de vinnigste vrou ter wêreld in die 400 meter, asook die 11de beste verspring-atleet ter wêreld. Die 63-jarige meesteratleet Toy Ungerer gaan van krag tot krag en het die afgelope naweek weereens haar staal gewys tydens die 33ste SA Meestersatletiekkampioenskap in Pretoria. ...

MALGASSE ’09-KAMPIOENE

Deur Garnett Wicomb WILLIAM MALGAS en sy pa, Desmond, is die 2009-klubkampioene van die Oudtshoorn Gholfklub, ’n prestasie om op trots te wees. Dit is die eerste keer nog dat ’n pa en sy seun die prestasie behaal en ’n geval van aartjie na sy vaartjie. Mariaan Schnetler-Swart is die vrouekampioen. William, wat die titel ...

SPORTDAG VIR PLAASWERKERS

Deur Liesel le Roux NEGEHONDERD EN VYFTIG plaaswerkers van dwarsoor die Wes-Kaap het die afgelope Saterdag op Oudtshoorn aan die provinsie se jaarlikse Plaaswerkersportdag deelgeneem. Die sportdag is vanjaar die tweede keer deur die Wes-Kaapse departement van kultuursake en sport aangebied. Die eerste sportdag is verlede jaar op Robertson aangebied. Deelnemers het aan ’n verskeidenheid ...

BEZUIDENHOUT ONTVANG BESONDERSE TOEKENNING

Die perkemeester van die Oudtshoorn Rolbalklub, mnr André Bezuidenhout, het nog ’n veer in die hoed gekry met ’n besonderse toekenning wat hy van Rolbal Suid-Afrika ontvang het. Bezuidenhout, wat vroeër vanjaar ook in die nuus was met een van die perke wat ’n A-gradering gekry het, het pas ’n sertifikaat as geregistreerde Vlak 1-perkemeester ...