Zimbabwier skuldig aan diefstal, bedrog en geldwasserye se vonnisoplegging uitgestel

DIE vonnisoplegging van ‘n Zimbabwiese burger (30) wat aan diefstal, bedrog en twee klagtes van geldwassery skuldig bevind is, is die afgelope week tot volgende maand uitgestel omdat die landdros siek was. Victor Nare wat in Johannesburg woon, is op 5 November 2015 by ‘n bank op Oudtshoorn in hegtenis geneem toe hy probeer het ...

Meer as 200 kinders by vakansieprogram

Die Ambassador Care Centre, welsynarm van die Ambassador Pinkster Kerk in Bridgton, Oudtshoorn, het vir die tweede jaar ‘n baie geslaagde weeklange skoolvakansieprogram by die kerk aangebied. Meer as 200 jong kinders het volgens past Prince Carolus die week se aktiwiteite bygewoon. Sy boodskap aan die kinders was om hul vriende versigtig te kies. “Jy ...

Water vir De Rust

De Rust is steeds vasgevang in ‘n waterkrisis nadat veldbrande in die omgewing en reën daarna die dorp se waterbronne besoedel het. Shoprite Checkers het vanoggend 7 500 liter gebottelde water by die munisipale kantore op De Rust afgelewer vir verspreiding onder inwoners. Inwoners het fluks ingespring om die welkome lafenis van die groot vragmotor ...

Inwoners maak belangrike toerismeroete skoon

Hy is baie beïndruk met vier inwoners van Schoemanshoek wat Saterdag ingespring het en 59 swartsakke vol vullis langs die Kango Grotte-pad opgetel het, sê ‘n inwoner van Oudtshoorn. Piet Lategan sê hy was Vrydag geskok oor hoe vuil dit langs die pad by die Wilgerboom-aftrekpunt was. Op die ingewing van die oomblik het hy ...

Slangtyd in Klein Karoo

Dit is somer en slangtyd in die Klein Karoo. Dié boomslang is vanmiddag deur die Oudtshoorn Nooddienste in Volmoed buite die dorp verwyder. Kyk uit vir Kaapse kobras, boomslange en pofadders wat tans volop is. Slangkenners van die streek gee die volgende belangrike wenke: • Moenie ’n slang probeer doodmaak, vang of aan dit vat ...

Krag vannag af in Groter Oudtshoorn

Eskom het ‘n elektrisiteitsonderbreking in die Groter Oudtshoorn geskeduleer vanaf 23:00 vanaand tot 05:00 Sondag. In dié tydperk sal kritiek noodsaaklike herstelwerk op die elektrisiteitstelsel tussen Oudtshoorn en Dysselsdorp gedoen word, sê die munisipale woordvoerder, Ntobeko Mangqwenqwe. Verskeie skielike kragonderbrekings van enkele sekondes die afgelope dae het tot groot kommer onder inwoners gelei omdat hul ...

Vyftien vas vir dwelms

Vyftien mense is die afgelope weke in verskeie optredes teen dwelmsmokkelaars deur die Ladismith Polisisie vasgetrek. Volgens ao Jan Cederas is drie persone op 13 Desember vir die besit van dagga en tik in hegtenis geneem. Dit het gevolg toe huise van vermeende dwelmsmokkelaars die oggend tussen 06:00 en 14:00 deur lede van die openbare ...

Liggaam by haarnaalddraai gevind

Die liggaam van ‘n onbekende man is op 29 Desember omstreeks 07:40 in ‘n ondergrondse waterpyp naby die haarnaalddraai op die pad tussen Oudtshoorn en George gevind. Volgens kol C Marnewick van die Oudtshoorn Speurdiens was die man se liggaam reeds in ‘n gevorderde stadium van ontbinding en word vermoed dat hy ‘n hawelose persoon ...

Twee mans besteel toeriste by Queen’s Hotel

Twee mans wat hulle as toeriste voorgedoen het, het gisteroggend twee sakke met geld en ander waardevolle items van oorsese besoekers in die ontbytkamer van die Queen’s Hotel op Oudtshoorn gesteel. Die hotel het verblyfplekke op die dorp daarna via die Oudtshoorn Toerismekantoor gewaarsku teen die mans en foto’s van hulle aangestuur. Een van die ...

Vuurwarm Nuwejaarsdag

Die hittegolftoestande op Oudtshoorn sal voortduur op die eerste dag van 2017. Goeie nuus is egter dat dit effens koeler sal word vanaf Maandag, 2 Januarie. Volgens Wayne Venter van die SA Weerdiens behoort die kwik op Nuwejaarsdag tot 40 grade C te klim, die derde dag agtereenvolgens wat inwoners van die Klein Karoo ‘n ...

Warm weer duur voort op Oujaarsdag

Die hittegolftoestande op Oudtshoorn gaan op Oujaarsdag voortduur, sê Wayne Venter van die SA Weerdiens. Volgens Venter word verwag dat die kwik Saterdag tot 40 grade Celsius sal styg. Hy sê die hoogste lesing vir Vrydag volgens metings van die SA Weerdiens was 42 grade Celsius, hoewel die aanvoelbare temperatuur hoër was. Volgens Venter meet ...

Maak so tydens ‘n hittegolf

Paramedici van ER24 waarsku dat mense nie kinders of diere in motors moet los terwyl hulle in erge warm weer inkopies doen nie. Volgens ER24 toon statistiek dat 24% van kinderdood tussen 2006 en 2010 te wyte was aan kinders wat alleen in ‘n warm voertuig gelos is. ‘n Voertuig raak soos ‘n oond wanneer ...

Vuurwarm Nuwejaarsnaweek verwag

Temperature in die Klein Karoo kan die naweek bo 40 grade C draai. Die warmste dag sal na verwagting Vrydag wees met temperature wat volgens verskeie weerdienste tot 39 of 41 grade C kan styg. Volgens Wayne Venter van die SA Weerdiens word hittegolftoestande vanaf Vrydag in Oudtshoorn verwag met ‘n geraamde temperatuur van 41 ...

Goud, wierook, mirre en hampers

’n Ware Kersverhaal uit die Klein Karoo soos net Oudtshoorn se bobaas-storieverteller, Poem Mooney, dit kan vertel: ’N TYD van vrede op aarde vir ryk en arm. So het ons Kersfees leer ken. Die Kindjie in die krip, die wyse manne uit die ooste en die herders op Betlehem se veld. ’n Tyd van goud, ...

Skiet van vuurwerke op Oudtshoorn verbode

DIE afskiet van vuurwerke in die Groter Oudtshoorn sonder vooraf toestemming deur die munisipaliteit is onwettig. So lui die munisipale ordonansie oor vuurwerke (Fireworks Bylaw) wat soos die ander munisipale ordonansies op die munisipaliteit se webblad verskyn (http://www.oudtshoorn.gov.za/laws) . Die Hoorn verneem dat verskeie inwoners diè bywet ignoreer en ook dat inwoners kla oor kinders ...

Juweliersware teruggevind

Al die juweliersware wat oor die naweek by ‘n gastehuis op Oudtshoorn gesteel is – behalwe ‘n ring – is deur die Oudtshoorn Polisie teruggevind. Twee mans is in hegtenis geneem en het albei reeds in die hof verskyn. Hulle kom weer op 29 Desember voor. Volgens kapt Louis Visser, polisiewoordvoerder, het die Huisbraakeenheid reeds ...

Brand laat spoor van verwoesting

  Die brand wat verlede Woensdag in die omgewing van die Rust en Vrede-waterval buite Oudtshoorn uitgebreek het,  het die afgelope dae ‘n spoor van verwoesting gelaat. Daar is na verneem word, niks oor van die veld om die waterval nie.  Die waterval is voorlopig vir bsoekers gesluit. Die brand wat het ook verder in ...

Nyongo wen straatmyl

Die jaarlikse straatmyl op Oudtshoorn het vanoggend weer vir groot opwinding gesorg met verlede jaar se  wenner,  Amos Nyongo,  wat ook vanjaar eerste oor die wenstreep was in 3:56.  Verlede jaar het hy ‘n straatmylrekord van  3:52:99 opgestel. Dié wedloop in Baron Van Reedestraat – ook bekend as Oudtshoorn se goue myl,  was die eerste ...

Dryland maak borgdeurbraak

DRYLAND Event Management, ’n onderneming wat vanaf Oudtshoorn sake doen, het ’n groot hupstoot vir die volgende drie jaar gekry met naamborgskappe van twee groot finansiële instellings vir van hul bergfietsrenne. Henco Rademeyer, mede-eienaar van Dryland, sê die Tankwa Trek en die Cape Pioneer Trek, twee multiskofrenne, kry momentumgewende inspuitings van Momentum Health, een van ...

Vrou omgekrap oor Eskom-gloeilampe wat breek

’N INWONER van Suikerbossiehof, Bridgton, is raad-op met energiebesparende gloeilampe wat deur Eskom aan haar gegee is. Louise Morrison het Die Hoorn in Oktober genader oor die gloeilampe wat sy drie maande vantevore by Eskom Oudtshoorn gekry het. “Hulle het sewe van my ou gloeilampe kom omruil met nuwe energiebesparende gloeilampe. Hulle was by ander ...