Vrou verskyn in hof oor babalykie

Deur Stefan Skapie Goosen DIE Oudtshoorn Polisie het Vrydag ’n vrou in verband met die babalykie wat op Saterdag, 4 Desember, in ’n stegie agter Ackermans gevind is, in hegtenis geneem. Volgens sers Gretchen Michaels, woordvoerder van die Oudtshoorn Polisie, is Katriena Plaatjies (24) van Oudtshoorn op aanklag van moord in hegtenis geneem. Sy het ...

Vier ouetehuise baat by Deon se droom

Deur Liesel le Roux EEN persoon kan ’n reuse verskil maak. Dit was verlede Vrydagaand dui­delik toe vier tjeks van R14 500 elk aan vier ouetehuise op Oudts­hoorn oorhandig is, danksy ’n inisia­tief van Deon Bosman, ’n sakeman van die dorp. Bosman het sowat twee maande ge­­lede op die gedagte gekom om geld in te samel ...

Vyf vas ná tik-vonds op Queen’s Mall-terrein

Deur Stefan Skapie Goosen VYF verdagtes het verlede Woensdag (7 Desember) in die Oudts-hoorn Landdroshof verskyn op ’n klag van die besit van dwelms. Volgens kapt Louis Visser, po­lisie­woordvoerder, is die verdag­tes in hegtenis geneem nadat inligting van die publiek ontvang is dat daar dwelms in die voertuig was. “ ’n Voertuig is omstreeks 12:30 ...

Moordklag teen dogter

Deur Stefan Skapie Goosen ’N KLAGTE van moord word teen ’n 24-jarige vrou van die plaas Welbedacht, net buite Oudts­hoorn op die sementpad na die Calitzdorp Spa, ondersoek nadat sy haar ma na be­wering met ’n mes gesteek het. Volgens kapt Louis Visser, woordvoerder van die Oudtshoorn Polisie, het die voorval op Sondag, 4 Desember, ...

Kinders vind plantfossiel tydens staptog

HOE uniek is die plantfossiel wat onlangs tydens ’n avontuuruitstappie deur kinders naby die Kango Bergoord gevind is? ’n Inwoner van Oudtshoorn, Mike Lombard van Oudtshoorn, vertel hy het drie naweke gelede ’n groep graad 5- tot graad 7-leerders wat die Spore Avontuurkamp bygewoon het, op dié staptog geneem toe hulle die goed bewaarde plantfossiel ...

’n Koerantman wat spek rook…

TALLE vakansiegangers ry Desembers deur De Rust, ’n stil dorpie in die Klein Karoo op pad na hul vakansiebestemming, maar min besef hoe­veel interessante mense in die dorpie bly. Van kunstenaars, musikante, argi­tekte tot… wel… ’n oud-koerantman wat sy eie spek rook… Dit klink dalk vreemd, maar lees eers verder. Ben Pretorius, eienaar van De ...

Lang wag sedert Februarie op spoedbult-versoekskrif

Deur Stefan Skapie Goosen ’N DAGSORGFASILITEIT vir kleu­ters in St Saviourstraat op Oudts­hoorn, asook inwoners van die straat, wag sedert Februarie vanjaar op te­rugvoer van die Oudtshoorn Munisipaliteit nadat in ’n versoekskrif gevra is vir ’n spoedbult reg voor Crayons Daycare. Die versoekskrif, wat deur Tamzyn Boonzaaier van Cray­ons Daycare aan die verkeers­afdeling van die ...

Droogte sit groot druk op boere

DIE uitgerekte droogte plaas groot druk op boere se besteebare inkomste. Nuwe werksgeleenthede bly in die slag en infrastruktuurverbeterings en ont­wikkelings word teruggehou. So sê Joseph Steyn, ’n boer van die Prins Albert-distrik, oor die knellende droogte in die gebied. Die Sentraal-Karoo is een van die streke wat deur die regering tot droogterampgebied verklaar is, ...

New Vehicles, Better Service

LAST week the Oudtshoorn Municipality received the first 20 of 40 brand new vehicles that have been leased to roll out services faster and efficiently. The mayor, Colan Sylvester, and some members of the Mayoral Committee visited the fleet management unit to receive the vehicles on Thursday, 8 December. “Receipt of these vehicles can only ...

R27miljoen se tik was ‘meeste dwelms nog’

Deur Garnett Wicomb DIE verhoor van twee mans van onderskeidelik Nigerië en Mosambiek, wat in November verlede jaar op die N1 buite Beaufort-Wes met tik ter waarde van sowat R27 miljoen in hegtenis geneem is, is Maandag in die Oudtshoorn Streekhof tot volgende jaar uitgestel. Benjamin Amalukwe (39), ’n Nigeriër, en Nebon Paul Matavele (20) ...

Bestialiteitsaak

Deur Stefan Skapie Goosen DIE 65-jarige inwoner van Smartie Town op Oudts­hoorn wat deur sy buurman betrap is terwyl hy ’n obsene daad met ’n hond gepleeg het, verskyn op 20 Januarie 2017 weer in die hof. Die man, Lewies Galant, het verlede Donderdag in die hof verskyn op ’n klag van bestialiteit waarna die ...

Menseroofsaak

Deur Stefan Skapie Goosen DIE saak van menseroof teen ’n 22-jarige vrou van Bongolethu is verlede Woensdag in die Oudts­hoorn Distrikhof oorgeplaas vir verhoor in die Streekhof. Die beskuldigde, Sinti September, het gister weer in die hof verskyn. September, wat op borgtog uit is, het volgens die klagte teen haar op 27 Oktober Lashay Billy ...

Gesin se jarelange stryd om hul huis terug te kry

Deur Stefan Skapie Goosen ’N GESIN wat in 1994 hul huis ontneem is, is al jare lank in onderhandelings met die Oudtshoorn Munisipaliteit om dié huis terug te kry. Dawid van Wyk, wat tans in ’n vervalle huis saam met sy ma, Marrie van Wyk, in Smartie Town in Oudtshoorn woon, sê hy is al ...

Nog ’n wolk om Malebe-Thema

Deur Stefan Skapie Goosen NOG ’n wolk van omstredenheid hang oor genl Sandra Malebe-Thema, die senior beampte van die divisie: menslike hulpbronontwikkeling van die hoofkantoor van SAPD-opleiding, nadat nuwe bewerings die afgelope week na vore gekom het. Malebe-Thema het op 7 November vanjaar landwyd opskudding veroorsaak toe sy na bewe­ring onder meer rassistiese uitlatings teenoor ...

Oom Abrie lê gholfstokke neer ná 62 jaar

Deur Higgo Jacobs DIE 90-jarige oom Abrie de Vries het Maandag­aand, 5 Desember, tydens die Kanniedode Senior-gholfgroep van Oudtshoorn se jaareindgeselligheid by die Oudtshoorn Gholfklub aangekondig dat hy sy gholfstokke ná 62 jaar gaan neerlê. ’n Bewoë De Vries het gesê sy liggaam wil nie meer byhou nie. “Ek verloor my balans as ek ’n hou ...

Straatmylaksie in Baron van Reede!

SUID-AFRIKA se drie beste myl- en 1500 meter-atlete gaan Saterdag in Baron van Reedestraat op Oudtshorrn alles uithaal en wys om die Bestmed Klein Karoo Straatmyl te probeer wen. Die prysgeld van meer as R80000, verreweg die grootste nog, vir vanjaar se Eden Straatmylreeks van drie mylwedlope sal ’n groot aansporing vir onder andere dié ...

...

Munisipale skoonmaak-program van 15 Desember tot 10 Januarie

Die Groter Oudtshoorn Munisipaliteit het die volgende skoonmaakprogram  beskikbaar gestel ter inligting van inwoners: • Skoonmaak van strate (sentrale besigheidsgebied) sal op ‘n daaglikse basis vanaf Maandae tot Sondae (vakansiedae ingesluit) geskied, behalwe Kersdag en Nuwejaarsdag. • Strate in die woongebiede sal skoongemaak word deur die kontrakteurs. • Vullisverwydering (huishoudelik / besighede) sal op ‘n ...

Ladismith Toerisme se kantoor maak deure toe

Ladismith Toerisme het vandag sy deure toegemaak weens nie-betaling deur die plaaslike munisipaliteit vir etlike maande. Die organisasie kan nie salarisse, huur, telefoonrekening en elektrisiteit bekostig met die gevolg dat daar nie doeltreffend dienste verskaf kon word nie. Navrae van Ladismith Toerisme by die munisipaliteit hieroor word na wat verneem word ook al geruime tyd ...

KKNK ontvang die meeste Fiësta-benoemings

Produksies wat vanjaar by die KKNK geopen het, het gisteraand (Donderdag, 8 Desember) die meeste benoemings in die 2017 kykNET Fiëstas ontvang. ’n Totaal van 22 benoemings is ontvang en ’n ko-produksie tussen Kunste Onbeperk, die maatskappy wat die KKNK aanbied, en die US Woordfees, het twee benoemings ontvang. Klein Karoo Klassique, Kunste Onbeperk se ...